Bolandliga: Rooiberg neem voortou in streek

Rooiberg United.

Rooiberg United.

Rooiberg United is nou die voorloper in die streek BreëLangeberg van die Bolandse reeks om die Gemeenskapskild.

Mariam Louw, die sekretaresse van Rooiberg laat weet, die klub het hom Saterdag weer goed van sy taak gekwyt en albei spanne het met hul United Stars-teenstanders klaargespeel.

“Die eerste span het in die tweede helfte goeie punte aangeteken en 21-16 gewen. Die tweede span het 7-0 gewen.”

Louw sê Edward Jacobs, Peter Moses en Danzill Louw (met sy skopskoen) het uitgeblink.

Rugby op Tesselaarsdal.

Rugby op Tesselaarsdal.

♦ Marcel Arendse laat weet Barbarians van Lebanon het Tesselaarsdal 29-0 geklop in `n wegwedstryd vir Tessies. Dis die derde agtereenvolgende wedstryd dat die span vasval.

“Gesien die feit dat Tessies se ondersteuners deur dik en dun by die span staan en selfs op Lebanon in die meerderheid was, sal die span nou alles in sy vermoë moet doen om hulle waarde vir hul geld en moeite te gee,” sê hy.

Tessies se tweede span het 12-7 gewen en is nog nie vanjaar geklop nie.

Highlanders.

Highlanders.

♦ Arendse berig ook dat Highlanders, met Grabouw Monteith Trust as tuisveld, `n nuwe bestuur gekies het.

Die bestuur is E Scheffers (president), E Lukas (voorsitter), Soetpap Virgil (afrigter) en A Scheffers (kassier).

Die klub is in 2012 deur Jakkie Scheffers, C Plaaitjies, H Meintjies en R Theunissen gestig en bestaan uit spelers van die dorp en omligende plase.

Hy sê Higlanders het `n baie trotse kultuur wat op dissipline, netheid, sportmanskap en liefde vir die spel gegrond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.