Bom bars toe 4 Kiwi’s oor verbode middels boet

Kort nadat Pale Toe! oor die beweerde misbruik van kokaïen deur All Blacks berig het, het ʼn bom Woensdag in Nieu-Seeland gebars toe vier rugbyspelers vir die besit of gebruik van verbode middels gestraf is.

Luidens berigte uit Kiwi-land is die spelers vir tot vier jaar uit die spel geskors.

Glen Robertson (26), ʼn gewese vleuel van Waikato, Nieu-Seeland o.20 en die NS Skolespan, is ʼn skorsing van vier jaar deur die tugkomitee opgelê.

Zoey Berry, wat die Nieu-Seelandse nasionale vrouespan verteenwoordig het, is eweneens vir vier jaar uit die spel geskors.

Rhys Pedersen, ʼn losvoorspeler van Old Boys-Marist in Palmerston-Noord en wat al ʼn Manawatu-ontwikkelingspan verteenwoordig het, se skorsing sal 21 maande duur.

Ben Qauquad-Dodds, ʼn klubspeler van Otago, is vir twee jaar geskors.

Eersgenoemde drie se oortreding hou verband met die middel Clenbuterol, en laasgenoemde s’n met Metandienoon.

Dis insiggewend dat die klagtes deur Drug Free Sport New Zealand (DFSNZ) gelê is, ná ʼn webwerf ondersoek is wat die middels te koop aangebied het. Verskeie sportlui van verskillende sportsoorte is uitgevang dat hulle sulke middels oor die internet aangeskaf het.

Pale Toe! het vroeër berig oor bewerings deur ʼn gewese Samoaanse toetssenter Eliota Fuimaono-Sapolu op Twitter dat die misbruik van kokaïen niks vreemds tussen Nieu-Seelandse rugbyspelers, selfs voorste All Blacks, is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Dalk goeie tyd om die embleem by omstandighede aan te pas, weg met die silwer varing! Sit liefs n gesonde stimgel cannabis daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.