Bothma bly tuis na rooikaart, Strauss is weer kaptein

Adriaan Strauss, verlede jaar se Bokkaptein, draf weer voor vir die Bulls (Foto: GB Jordaan)

Adriaan Strauss, verlede jaar se Bokkaptein, draf weer voor vir die Bulls (Foto: GB Jordaan)

Die Bulls se flank Renaldo Bothma is uit die Bulls se toergroep na Nieu-Seeland en Japan gelaat nadat hy Vrydagaand op Loftus teen die Sunwolves met ʼn rooikaart van die veld gestuur is.

Bothma verskyn Sondagoggend per video-konferensie voor Sanzaar se vuilspel-uitwysingskomitee weens ʼn hoogvat met ʼn swaaiende arm.

Dit is feitlik seker dat hy ʼn skorsing opgelê sal word, maar dit is onseker hoe lank dit gaan duur en Arno Botha is daarom op die nippertjie in die toergroep ingesluit.

♦  Die Bulls sal nou weer deur Adriaan Strauss aangevoer word. Handré Pollard het as kaptein waargeneem terwyl Strauss van ʼn rugoperasie herstel het. Strauss het Vrydagaand in die wedstryd teen die Sunwolves in die tweede helfte van die bank gekom.

Die Bulls speel die volgende drie naweke teen die Blues en die Chiefs in Nieu-Seeland en die Sunwolves in Tokio.

Die toergroep van 27 (11 agterspelers en 16 voorspelers) sluit tien Springbokke in.

Toergroep  –

Agterspelers
Heelagters: Jesse Kriel (ook senter), Warrick Gelant. Vleuels: Jamba Ulengo, Travis Ismaiel.  Senters: Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jan Serfontein. Losskakels: Handré Pollard, Tian Schoeman. Skrumskakels: Rudy Paige, Piet van Zyl.

Voorspelers
Losvoorspelers: Ruan Steenkamp, Arno Botha, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager. Slotte: RG Snyman, Jason Jenkins, Lood de Jager. Stutte: Pierre Schoeman, Trevor Nyakane, Lizo Gqoboka, Jacobie Adriaanse, John-Roy Jenkinson. Hakers: Adriaan Strauss (kapt.), Jaco Visagie, Edgar Marutlulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Will i am ·

En daar gaan ons alweer met Page. Kan die mense nie leer nie. Ag nee wat. Hul moet maar verloor

willie ·

kan net kwotastelsel wees dat hy nog gekies word! dit maak SA rugby dood en verkleineer die swartes wat op meriete gekies word!

Johan ·

Is daar regtig niemand beter as Rudi Paige nie of is dit weer van daai gevalle. Hy word betaal, hy sal speel al speel hy sleg.

What a joke! ·

Dis mos maar hoe die anc sy stempel afdruk! Solank hul in beheer is met kwotas ens of hul nou die werk kan doen of nie! Suis Afrika is sy kanon!

Gerhard ·

Ek stem saam dat Page hopeloos is,het Piet v Zyl gister dopgehou,sy verdediging is hopeloos,hulle sal moet kyk na die jong skrimskakel wat vrydag opgekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.