Bothma: ‘Ek buig net die knie voor God’

Renaldo Bothma. Foto: Twitter.

Renaldo Bothma se rugbyloopbaan het hom al oor die hele wêreld geneem. Die 30-jarige het onder meer in die kleure van die Bulle, Leeus, Pumas en Haaie in Suid-Afrika gespeel, terwyl hy internasionale blootstelling saam met Namibië gedurende die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 2015 en vir Toyota Verblitz in Japan gekry het.

Die blondekop-losvoorspeler is bekend vir sy vreeslose inklimspel. Meer onlangs was hy vir ’n paar seisoene by Harlequins in Engeland in aksie. En dit was juis ’n onlangse ’Quins-wedstryd teen die Sale Sharks wat ’n storm op die politieke speelveld ontketen het.

Die agt Suid-Afrikaanse spelers in die Sharks se beginspan het nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig nie. Hulle het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby against Racism” daarop.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, was egter nie gelukkig met wat hy in Engeland gesien het nie en hy het Saru vir meer duidelikheid gevra.

Die foto wat by een van sy inskrywings gebruik is. Foto: Twitter.

Hierop het Bothma sterk gereageer en in ’n kragtige Twitter-inskrywing vroeër vandeesweek het hy gesê dat niemand die reg het om iemand anders te dwing om die knie te buig nie.

“Ek sal nooit die knie vir enigiemand anders as vir God buig nie. Waar was al hierdie ministers toe ons die knie vir plaasmoorde in Suid-Afrika moes buig en teen korrupsie optree?” het Bothma geskryf.

“Ons kan almal besluit wat ons wil doen. Niemand het die reg om ander te dwing om op hul knieë te gaan nie.”

Hy het gister nog ’n inskrywing geplaas om sy standpunt te verduidelik.

“Dit handel oor my Christelike geloof en oor die spelers wat kritiek moet verduur omdat hulle nie die knie gebuig het nie. Vir diegene wat van hierdie kwessie ’n rasseding maak, kom by!”

Billy Vunipola, die sterlosvoorspeler van Engeland en Saracens, het ook nie verlede week die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig nie.

Die 27-jarige agtsteman is van Tongaanse afkoms en het besluit om staande te bly voor die Gallagher Premiership-wedstryd tussen Saracens en Bristol. Sy broer, Maku, het egter die knie gebuig.

“Hoewel ek ’n persoon van kleur is, is ek steeds in groter mate ’n persoon vir Jesus. Dinge wat ek al omtrent die beweging gesien het, stem nie ooreen met dit waarin ek glo nie,” het hy tydens ’n podsending gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bullet ·

ñ Man van beginsels, en hy staan daarby. Wel gedaan Ronaldo! Saluut

Cheryl ·

Renaldo dankie dat jy as ‘n jongman opstaan vir jou geloof in Jesus. Die ware kinders van God staan bankvas agter jou. Die Here is wakker en getrou. Sy kinders sal nooit beskaamd staan nie; want groter is Hy wat in ons is as hy wat in die wêreld is. Die Bybel waarsku dat God se kinders in die laaste dae vervolg sal word. Dit wat nou gebeur is net ‘n voorsmakie van dit wat kom. Kinders van God; wake up, man up, stand up, clean up and look up for our redemption draws near.

Snowball ·

Mooi! Pos daai Ministertjie en sy Marxistiese heksejag by die kantlyn uit.

Jannie van Niekerk ·

10 uit 10 vir hierdie jongman. Die witmenshatende minister van sport sal eers tevrede wees as elke sportman die misdaadgoedgesinde en kommunsistiese organisasie BLK, ondersteun. Let wel Mthetwa, BLM is NIE BELANGRIK nie.

Die Goodwoodianer ·

Uiteindelik. ñ Man wat staan by sy geloof en ñ ding sê soos dit is.

madels ·

Mense, dis tyd dat ons as Christene OPSTAAN teen satan wat n uiterste boelie is! Die mens wat verwag dat n ander persoon n knie moet buig kan ek ner glo ken nie die Here nie. Daar is nie n middelweg nie, jy dien of God of satan. So wie is agter al hierdie moorde, rassisme ens? satan natuurlik, en almal wat hom dien

Hercules ·

ek salueer jou Renaldo

ek glo in die Bybel, is ‘n wedergebore, kruisdraende Christen, ‘n volgeling van Abba Vader, sy seun Jesus Christus, die Heilige Gees en buig my knie net voor Jesus my verlosser en geen ander afgod nie en
daarom is ek vreesloos!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.