Bothma lank gestraf; nou vir Quade Cooper …

Renaldo Bothma, lank geskors (Foto; therugbypaper.co.uk)

Renaldo Bothma, lank geskors (Foto: therugbypaper.co.uk)

Die Bulls se vuurvreterflank, Renaldo Bothma, wat Vrydagaand teen die Sunwolves vir ’n hoogvat van die veld gejaag is, is swaar gestraf.

Bothma is vir vier weke geskors nadat hy deur ’n vuilspel-hersieningskomitee van Sanzaar, die beheerliggaam van die Superreeks, skuldig bevind is aan ’n gevaarlike hoogvat.

Bothma se verhoor het Sondagoggend deur middel van video-konferensie plaasgevind.

Die Bulls, wat waarskynlik verwag het dat Bothma swaar gestraf gaan word, het hom, nog voor sy lot bekend was, uit hulle toergroep na Nieu-Seeland en Japan gelaat. Die Springbok Arno Botha is in sy plek gekies.

Bothma se skorsing is tot Saterdag 15 April van krag, wat beteken hy sal eers weer vir die Pretorianers se kragmeting op 22 April teen die Cheetahs op Loftus Versfeld oorweeg kan word.

♦  En wat van Quade Cooper? Dié wisselvallige rebel van Australiese rugby is Saterdag vir ’n soortgelyke hoogvat met ʼn swaaiende arm in die Reds se wedstryd teen die Lions op Ellispark van die veld gejaag.

Gaan geregtigheid geskied en hy ook ’n maand lank die aksie van die kantlyn af moet dophou? Of sal daar weer dubbele standaarde wees waar Suid-Afrikaanse spelers swaarder gestraf word vir dieselfde oortreding?

’n Mens hou asem op.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johannes ·

Ek stem.Dit is nie net sheidsregters wat nie konsekwent is nie, maar ook wanneer spelers voor tug komitee verskyn.Wat van die Argentynse losskakel teen die leeus in Argentiniee wat net letwel net een week geskors is.

Jaybee ·

Ek sal beslis nie my asem ophou dat Cooper ‘n swaar ‘n swaar straf sal kry nie. Wat my die meeste pla is dat Saru niks daaromtrent sal doen nie. Vuil spel is vuil spel maak nie saak wie jy is of vir jy speel nie. Terloops ek is ‘n Bulls ondersteuner en stem saam met die straf, maar almal moet dieselfde behandel word.

willie ·

belaglik! dit was nie eers ñ geelkaart werd nie, wel ñ strafskop!

pieter ·

Wat van no 22 van die jaquirs wat n cheatha om die nek beetgekry het amper di selfde as bothma kry net geelkaart waar is die consistancy nou, lyk my net in sa geld max straf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.