Bottervinger-Bulls grawe hul eie Tokio-graf

Die Cheetahs en die Stormers het effens gespartel en gesukkel maar die Sunwolves oorwin, maar die Bulls het Saterdag in Tokio met stukkies goeie spel maar hopeloos te veel basiese foute teen die Sunwolves verloor.

Die telling was 21-20 en die Bulls kan seker die maklikrige strafskop van Francois Brummer vyf minute voor die einde aanhaal as ʼn verbroude kans wat hulle kon laat wen het.

Daar was egter veel ander redes. Die tuisspan se opskietverdediging, hul taktiese skoppies agter die Bulls se agterlyn in, stewige skrumwerk en oorheersing van die losbal was die grondslag vir die verdiende sege.

Voordat die Bulls nie losvoorspelers het wat met vaart ook dan en wan eerste by die bal aankom nie, sal hulle aanhou sukkel en sal omkeerbesit – en strafskoppe –voortdurend afgestaan word.

Die Pretorianers het heelwat gehardloop en ook heelwat kanse geskep. Dis egter tyd dat hulle nou onder druk leer om te vang en uit te gee, want dit het in hul tye van oorheersing en aanval vir hulle gereeld moontlike punte gekos.

Die losskakel Tian Schoeman se uitgeewerk het die hanteringsprobleem verder onderstreep. Hy het ook een keer die bal veld-af oor die doodlyn geskop; ʼn aanvalsgeleentheid met ʼn strafskop agter die hoekvlag uit verbrou; en in die geheel gesukkel om sy stempel af te druk met sy senters wat weens die opskiet-keerwerk van die Japanners nie veel beweegruimte gegun is nie.

Burger Odendaal en in ʼn mindere mate Jan Serfontein was nietemin goed in die middelveld, en Travis Ismaiel, goed onder die hoë bal, met kruisverdediging én op die aanval, was uitstekend.  Voorlangs was Lizo Gqoboko en RG Snyman baie goed en het Adriaan Strauss meer as sy deel gedoen.

Die skeidsregter? Baie middelmatig en ietwat inkonsekwent, maar darem na albei kante toe … Die Bulls kan allermins oor hom kla.

♦Die Bulls het die twee spanne se kragmeting op Loftus drie weke gelede met 34-21 gewen.

Puntemakers –

Sunwolves (11) 21: Drieë: Rahboni Warren-Vosayaco, Takaaki Nakazuru. Doelskoppe: Yu Tamura. Strafdoele: Hayden Cripps 2, Tamura.
Bulls (10) 20: Drieë: Burger Odendaal, Travis Ismaiel. Doelskoppe: Tiaan Schoeman 2. Strafdoele: Schoeman 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christo ·

Andries Coetzee, Rohan janse van Rensburg, Faf de Klerk, Clayton Blommetjies, Bongi Mbonambi, Wilco Louw……… en die lys gaan aan. Dis net n paar spelers wat die Bulls gedink het nie goed genoeg is om hulle rugby in Pretoria te speel!

Stormer ·

Dit wil my voorkom of die Kings en die Bulle die twee spanne gaan wees wat onder op die puntelys gaan le , lyk of die cheetah bo die bulle gaan wees op die punteleer, gaan darem nie goed wees as die bulle en die kings nie volgende jaar nie super rugby gaan speel nie , beste ding om te doen dan is om saam met die lions saam te smelt , nuwe naam , Leeuloop rugby span

Frans C ·

Op huidige vorm is daar min spelers van die Bulle wat die Leeuspan kan haal.

Voorlaaier ·

Naas di loesing laasjaar toe die bokke teen Japan verloor het is hierdie i nuwe laag te punt vir SA. Rugby!!…….SIES!!!!!!!Ek skaam my oe uit my kop uit!!…….En ja..ek is i Bloubul ondersteuner…

Fanie ·

LOL. Nie eintlik ‘n verrassing nie, bulle was nog nooit goeie reisigers nie. Hulle sal beter vaar op Floptus.

Phillip ·

Los nou vir Zuma en die Guptas uit. Nou is dit Nollis must fall en sommer Interflora Strauss ook. Bulle is pateties.

Oom Piet ·

Wie het voorheen hierdie woorde gesê – “Hulle lyk goed op papier maar swak op gras”.

Frans C ·

Die teleurstellendste aspek van die Bulle se spel vit my,was hoe maklik die kleiner en ligter
Sunwolwes die swaarder en groter Bulle soms van die losskrums af skoongemaak het.
Soms het die Bulle se voorspelers as onfiks en lomp voorgekom.

Waarom Schoeman van die veld af gehaal is weet ek nie want hy het goed pale toe geskop
en kon die wedstryd vir die Bulle gewen het.

Arie ·

Ek sal ‘n bul doodgaan maar as hulle onder die Cheetahs eindig moet hulle uit die super reeks gelaat word, falk sal die unie dan ontwaak en bestuur e afrigters laat loop!!!!!!

Dirkie ·

Ek stem saam ek is n bul en sal n bul dood gaan, maar hel hoe kan cheetahs uitgekom word as onse bulle so speel. Nollis Marais moet gaan, asb moenie wag tot na die toernooi nie. Die bulle se hulpafrigters is almal eks bulle manne. Jammer om te se nie alle oud spelers is goeie afrigter’s nie. Kies manne wat al die pad sukses vol geloop het. Lyk my ons bulle administrateurs is soos die regering werk net vir hul eie sakke. Miskien moet ons Loftus toe toi toi en Mr Marais se kop eis.

Avokado ·

Wat het ek verwag van my span as die flank ‘n franse vlegsel in sy hare het……?

Sabelo ·

This blue Bull cannot play rugby anymore now. They are not good now. Even the kings is better . They is too bad now.

Herman ·

Help asb, Heyneke Meyer was die laaste bul afrigter, toe bring hulle die ou, hy het nie n clue wat hy doen nie, die bulle is besig om hulle stadion leeg te speel en hulle reputasie, raak ontslae van die coach, hy is op die oomblik die vrot eier, hy is besig om die hele span vrot te maak, ons het nog nooit so bad seisoen gehad nie, ek hoop regtig die bestuur skrik bietjie wakker, of raak ontsae van die hele spul, en kry n hele nuwe bestuur, en afrigter span.

Riaan ·

Ek sien geen Bulls ondersteuners nerens in die strate nie, maar wen hulle boetie is die hele Pta Blou!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.