Brasilië buit eerste Sesnasiestitel met SA hulp

De Wet van Niekerk – drie. Foto: Facebook)

Brasilië het Saterdag die eerste span geword om die nuwe Suid-Amerikaanse Sesnasiesreeks te wen – met ʼn tikkie hulp uit Suid-Afrika.

Die Tupis het Colombia se Pepervreters in São Paulo, Brasilië, met 67-5 opgedons.

De Wet van Niekerk (bankvleuel), voorheen van Hermanus en die Stellenbosse Rugbyakademie, het een van die wenspan se nege drieë gedruk.

Brasilië se Nieu-Seelandse losskakel, Josh Reeves, het 22 punte behaal deur agt doelskoppe en twee strafdoele deur die pale te jaag.

♦ In Santiago, Chili, het die tuisspan vir Paraguay ʼn afgedankste loesing van 97-0 toegedien.
Tomás Ianiszewski, die Kondors se heelagter, het 32 punte opgestapel. Hy het twee drieë gedruk en 11 van sy span se 15 drieë verdoel.

Die losskakel, Santiago Videla, het ʼn driekuns behaal.

♦ Die Argentynse Vyftiental het die Uruguaanse Vyftiental in Buenos Aires, Argentinië, met 64-15 verrinneweer.

Gaston Arias, die Argentyne se heelagter, het drie drieë gedruk.

Brasilië (14 reekspunte), word gevolg deur die Argentyne (12), Chili (9), die Uruguane (6), Paraguay (4) en Colombia (2).

RAN

♦ In Rugby Amerikas-Noord (RAN) se kampioenskap het Trinidad & Tobago vir Bermuda in ʼn baie gelykop kragmeting in Port of Spain, Trinidad, met 27-24 getroef.

♦ In ʼn vriendskaplike wedstryd in dié geweste het St. Vincent & die Grenadines vir St. Lucia op laasgenoemde se tuisveld in Castries met 17-14 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bollie se wollie ·

Interessant dat Brasilie en Chili nou sterker as Uruguay is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.