Brendan Venter was toe reg oor die Bokke

Toe die oud-Springboksenter en afrigter Brendan Venter ʼn paar weke gelede voor ʼn toetswedstryd in die Rugbykampioenskap voorgestel het dat wen nie die heel belangrikste is nie, maar eerder die vordering wat die Bokke sou toon, was dit baie moeilik verteerbaar.

Nee, is daar gesê, dit gaan alles oor wen en basta met die res.

Maar Venter was in die kol. Dit hét gegaan oor die vordering wat gemaak is voor aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan: om diepte te ontwikkel en die basiese vaardighede te verbeter ‒ soos om takties beter te leer skop, hanteer, na links en regs uit te gee, om kanse te skep en benut en om die primêre funksies in die lynstane, skrums, in die los en op die verdediging reg uit te voer.

Die All Blacks het (op papier) die Rugbykampioenskap baie maklik gewen.

Hulle het immers met 25 ligapunte geëindig teenoor die Bokke se 15 gevolg deur Australië (9) en Argentinië (8).

Ja, die All Blacks het die meeste drieë gedruk en die minste afgestaan (33 teenoor 16). Vergelyk dit met die Bokke se 21 drieë gedruk en 21 deurgelaat, Australië (16 teenoor 22) en Argentinië (18 teenoor 29).

Die gaping lyk baie groot, maar wie kan die mees tevrede voel met die vertonings in Wellington toe die Bokke die All Blacks met 34-32 geklop het (maar eintlik moes verloor het) en toe op Loftus Versfeld toe die All Blacks die Bokke met 32-20 geklop het (maar eintlik moes verloor het)?

Gaan kyk maar na die individuele spelers se statistiek. Pieter-Steph du Toit het die meeste suksesvolle duikslae in die reeks uitgevoer, gevolg deur David Pocock (72) en dan Siya Kolisi en Sam Whitelock (albei 67).

Eben Etzebeth het die meeste besit in die lynstane gewen (28) gevolg deur die Argentyn Javier Ortega Desio (23) en dan Kieran Read (21).

Kyk maar hoe die vaardighede van Willie le Roux en Faf de Klerk verbeter het. Gaan kyk maar hoe Aphiwe Dyantyi afgerond het.

Ná die verloorslae teen die Wallabies en Poemas was daar vraagtekens oor van die Bokke se selfvertroue en vermoë. Ook oor Handré Pollard, die regte senterkombinasie, ʼn plaasvervangersbank wat die nodige impak kan maak.

Maar watter span het in die reeks die meeste vordering getoon? Watter span het die All Blacks twee keer in toom gehou?

Die Bokke het nog niks gewen nie (behalwe die reeks in Junie teen Engeland). Hulle het drie van hul ses wedstryde in die Rugbykampioenskap verloor. En ja, hulle is dalk nog te wisselvallig, daar is ʼn gebrek aan diepte. Maar die heel belangrikste is dat daar wel vordering gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

All Black ·

@ Piet Kruger—As jy ‘n wenner vra of wen alles is dan sal hy vir jou hard en duidelik sê “Wen is alles” As jy ‘n sportman wat gereel verloor vra of wen alles is sal sy antwoord altyd wees ” Wen is nie alles nie—ek leer elke dag iets” As ‘n sportman wat al baie op hoe vlak deelgeneem en gewen het kan ek beslis ook sê ” Wen is alles. Tweedeplek is laaste en is nie goed genoeg nie. Elke sportman wil die beste wees nie tweede beste nie. En ja Brendan venter was verkeerd en tas baie in die donker rond met ligsinnige stelling soos dit. Al hoe die bokke eendag heel bo sal kan kom is deur te glo hulle is die beste en dat tweede plek onaanvaarbaar is.

Springbok ·

All Black, dalk het jy die kampioenskapsreeks gemis, maar wat ek gesien het is hoe ‘n Springbokspan wat eers nie in hulself geglo het nie, teruggegaan het na die ‘basics’ en elke keer wat hulle speel meer en meer in hulself begin glo het. Om die waarheid te sê, ek dink hulle begin glo hulle is net so goed, indien nie beter nie, as die ABs. Die telbord aan die einde van die reeks wys 1 wen vir die ABs en 1 vir die Springbokke (66 punte elk). En as ‘n sportman wat self op hoë vlak deelgeneem het en ook baie gewen het, kan ek vir jou sê ‘wen is nie alles nie’! Die proses om jouself te ontwikkel as sportman met baie harde werk, en dan die hoogste sport te bereik, dit is alles. Ek sien dit in die Bokke!

All Black ·

Springbok—Nee ek het nie die kampioenskap gemis nie, die magtig ALL Blacks soos altyd die reeks gewen en dit was nie eers nodig om weer teen die ou bokkies te speel nie. Die beker is weer in die kas waar dit hoort. Ek is bly die Springbokke kom reg maar met ‘n 50% wenrate uit 10 games is dit maar nog steeds nie waar dit hoort nie. Jy raak te baie vinnig bly want in die wereld beker moet daar 50% kwotas wees. Die wereld het gesien wat gedeur in 10 min met 8 x Kwotas op die veld teen die All Blacks. Maar sterkte vir die wereld beker. Ek is bly jou span se vertroue kom terug. Al hoe hulle dit kan handhaaf is deur heeltyd te wen wat op hierdie staduim onmoontlik is. Die verskil is Springbokke het selfvertroue maar die All Blacks het gehalte.

piet ·

All black se hom LOL… 50% wen en ons op regte pad? Hou op bou ons bou al jare – kry kwotas uit rugby en beter rugby base… shame hulle moet als verloor – springbok weet jy hoekom was pe en loftus vol? nie omdat ons gebou het nie, diepte kweek nie…. NEEEEEE OMDAT ONS GEWEN HET – raak wakker makker

Bokke bo ·

All Black ek verstaan nie lekker wat die bokke jou so pla nie jy comment op elke artikel oor die bokke jy is by verkeerde plek ons wil bokke opbou en ondersteun of hunker jy nie maar om die bokke te ondersteun nie jy moet eerder op New Zeeland se nuus netwerk kommentaar lewer of beter trek soontoe en los ons William Wallace uit ons sal ondersteun en bly glo ,ek het geleer as die druk op jou is veg terug moenie weghardloop nie.

All Black ·

Bokke bo— ek gaan nie verdjidelik nie want jy sal nie verstaan nie. Die Springbokke hinder nie die All Blacks nie want hulle is nie op die vlak van wenners nie. Die springbok ondersteuners is soos n dom bokser wat mal gaan oor een rondte wat hy gewen het maar hy vergeet of kom nie agter dat hy die fight verloor het nie.

gindra ·

All Black jy praat feite en ek stem saam jou ,jy ken die game en is seker n gewese springbok fan .dit klink vir my dat jy lekker kry as die bok verloor en dit se vir my jy is suur en onthou dis net die nat poep wat ander span soek as sy span verloor .ons bokke voel beter die jaar en dis die pasie wat ek op loftus ge sien het wat my bly maak .

All Black ·

@Gindra. Jy is reg , Ek was so 25 jaar terug ‘n getroue Springbok ondersteuner. Met die inbring van kwotas het ek soos duisend ander Suid Afrikaners, my rug gedraai op die Bok want ek glo die beste man moet gekies word op meriete en niemand moet op sy velkleur gratis toegang tot ‘n span kry nie. Ek is alles behalwe suur. Ek is bly want ek het deur die jare my mede bok ondersteuners oortuig om ‘n Swart Rugby trui aan te trek met trots. En ja daar is hierdie jaar baie goeie Bok spelers wat dit verdien op meriete. Sterkte met jou span en ek hoop hulle gaan jou nog baie vreugde gee.

Poot ·

@All black
Het jy al vir jou ‘n ander bakkie gekoop wat nie olie lek nie? Soos “Bokke bo” tereg sê, hoekom gaan lewer jy nie maar liewer kommentaar op die NZ nuus netwerke nie. Of is jou ieglishhh nie so skerp nie? Ons sal bok ondersteuners bly in murg en been, want jy sien….. verrad is nie in ons wese nie.

Sandy ·

Aan al die stoere Bok ondersteuners hierbo en daarbuite. Waar het julle Saterdag na die wedstryd gekyk? As jy naby die stadion was, waarskynlik daar en as jy ‘n kaartjie kon kry(of meer nog, bekostig). As jy egter nie in ‘n posisie is om die peperduur DSTV kanaal te bekostig nie , word jy genoodsaak om iewers in ‘n kroeg of restaurant te gaan sit en die wedstryd te kyk. As dit nie plaaslik gespeel word nie, kan RSG dit ook nie dek nie. Dus , hoe moet ek ‘n span ondersteun wat ek nie kan sien speel nie. Weereens ‘n indirekte gevolg van inmenging op politieke vlak en natuurlik swak bestuur by die SABC. As ‘n sport vir “almal” wat die nasionale span moet ondersteun en opbou ,nie vrylik geniet en gesien kan word deur almal in ons land nie, dan verkies ek om my ondersteuning te weerhou en lustig die All Blacks te ondersteun. Noem dit maar my stille vorm van verset omdat ek nie die vryheid het om “my’span in “my”land te sien speel nie. Wil dit nie verniet hê nie ( my TV lisensie is betaal) maar teen R800 plus is dit te ryk vir my bloed. Viva All Blacks.

All Black ·

Sandy. Welkom by die Wenners. Jsal pragtig in n All Black trui lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.