Britse pers sê Siya is onder die beste toetskapteins

Siya Kolisi. Argieffoto.

Toe Siya Kolisi verlede jaar die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het, het hy die respek van talle internasionale rugbyskrywers verdien.

The Times in England se rugbyskrywers, Stuart Barnes en Stephen Jones, het al twee vir Kolisi in hul lys van beste toetskapteins gekies.

Howel Barnes vroeër geskryf het dat Francois Louw vir Kolisi in die Bokke se beginspan vir die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland moes vervang, is die Stormers-speler sy vierde beste toetskaptein ná Richie McCaw, Martin Johnson en Jacques Fouroux.

Jones het vir Kolisi op nommer ses op sy lys gekies bó kapteins soos John Eales en Augustin Pichot.

Vreemd genoeg was daar glad nie plek vir Suid-Afrika se ander twee Wêreldbeker-wenkapteins, Francois Pienaar en John Smit nie.

Richie McCaw het 148 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Facebook.

Dan was die indrukwekkende McCaw ook in Jones se groep afwesig. Die voormalige All Blacks-kaptein het 97 van sy 110 toetse aan die stuur van die Kiwi’s gewen – dit is ’n wenrekord van 89,09%.

“My kollega het in die slaggat getrap deur verkeerdelik aan te neem dat die All Blacks-seges in die McCaw-era te danke aan hul kaptein is. Hulle was egter só ’n goeie eenheid dat selfs my ouma hulle  tot dieselfde wenrekord sou kon lei,” het Jones geskryf.

Volgens Jones is Wallis se Alun Wyn Jones die beste van die lot.

  • Stuart Barnes se top-10-toetskapteins: 1. Richie McCaw (Nieu-Seeland), Martin Johnson (Engeland), Jacques Fouroux (Frankryk), Siya Kolisi (Suid-Afrika), Sean Fitzpatrick (Nieu-Seeland), Jean-Pierre Rives (Frankryk), Alun Wyn Jones (Wallis), AndrwSlack (Australië), Augustin Pichot (Argentinië) en Maro Itoje (Engeland).
  • Stephen Jones se top-10: 1. Alun Wyn Jones (Wallis), John Dawes (Wallis), Martin Johnson (Engeland), Sean Fitzpatrick (Nieu-Seeland), Lawrence Dallaglio (Engeland), Siya Kolisi (Suid-Afrika),Augustin Pichot (Argentinië), John Eales (Australië), Thierry Dusautoir (Frankryk) en Haralambie Dumutras (Roemenië).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.