Britte bederf nie Blitsbok-partytjie

JC Pretorius is een van van die Blitsbokke se gevaarmanne. Foto: GB Jordaan

Die Blitsbokke is onoorwonne ná die eerste dag van die sewestoernooi in Dubai.

Shakes Soyizwapi en kie het in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel om vir Groot-Brittanje met 31–12 ore aan te sit.

Benewens die Suid-Afrikaners se driedrukvaardighede het hulle ook die lewe nag vir die Britte gemaak deur gereeld omgekeerde besit te bewerkstellig.

Hulle het ook gewys dat hulle onder druk kan presteer deur heeltyd die telbord aan die gang te hou wanneer Groot-Brittanje punte aanteken.

Dit was die Blitsbokke se 15de agtereenvolgende sege nadat hulle die vorige twee toernooie in Kanada onoorwonne afgesluit het.

Muller du Plessis se besering bied egter rede tot kommer. Die sterk speler is per draagbaar van die veld af kort nadat hy weer die Suid-Afrikaners se eerste drie gedruk het.

Blitsbok-drieë: Muller du Plessis, Shakes Soyiwapi (2), Impi Visser en Branco du Preez.

Uitslae:

28 – 7 teen Ierland

52 – 12 teen Japan

31 – 12 teen Groot-Brittanje

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Lyk goed veral omdat ‘n hele paar manne nie beskikbaar was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.