Brok vat voor in vertoonwedstryd

(Foto: Hansie Linde)

Brok Harris sal die Stormers in Saterdag se vertoonwedstryd teen die Northampton Saints op Franklin’s Gardens aanvoer.

Die 39-jarige stut weet wat dit verg om suksesvolle rugby in Europa te speel – hy het immers in meer as 140 wedstryde vir die Dragons uitgedraf.

Hy sal saam met JJ Kotze en Sazi Sandi in die voorry sak, terwyl Gary Porter saam met Connor Evans in die lynstane sal rank.

Die belowende Jurie Matthee sal die toutjies vanuit sy losskakelposisie trek, met Dan du Plessis en Wandisile Simelane wat in die middeveld sal diens doen.

Warrick Gelant sal die no. 15-trui dra met bekendes soos Hacjivah Dayimani, Scarra Ntubeni en Ben-Jason Dixon op die plaasvervangersbank.

Dit is die eerste wedstryd tussen die twee spanne en John Dobson meen dat die Kapenaars waardevolle ervaring teen die sterk Engeland-klubspan kan opdoen.

“Northampton se spelpeil is uitstekend en dit sal ʼn goeie toets vir al 26 spelers in ons groep wees. Franklin’s Gardens is ʼn bekende rugbyvenue in ons sal ons rol goed in ʼn aksiebelaaide wedstryd wil speel,” het die Stormers-afrigter gesê.

Die wedstryd word Saterdag regstreeks op die Saints se YouTube-kanaal uitgesaai. Die aksie begin om 16:30.

Stormers: Warrick Gelant (heelagter), Chris Hollis (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Dan du Plessis (binnesenter), Ben Loader (linkervleuel), Jurie Matthee (losskakel), Stefan Ungerer (skrumskakel), Keke Morabe (agtsteman), Junior Pokomela (flank), Willie Engelbrecht (flank), Connor Evans (slot), Gary Porter (slot), Sazi Sandi (stut), JJ Kotze (haker) en Brok Harris (kaptein en stut). Plaasvervangers: Chad Solomon, Leon Lyons, Lee-Marvin Mazibuko, Scarra Ntubeni, Ben-Jason Dixon, Marcel Theunissen, Godlen Masimla, Hacjivah Dayimani, Damian Markus en Suleiman Hartzenberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Kragapie het wakker geword nadat die nulletjies gewen het, sien ek. Nou net nie grootkop kry nie….

kragaap ·

Die komende wedstryd ter sprake is teen die Northampton Saints. Laas week se wedstryd het eintlik nie kommentaar nodig nie die telling sê alles. Dink die spannetjie gaan weer verloor. Hul moet dalk ‘n jonger, meer energieke kaptein aanwys. Die ou manne raak weg in die wedstryd nes laas week.

piet ·

Dis ‘n friendly, beteken niks. Darem bly die nulletjies kon die nulletjie breek, dit het so lank gevat dat dit ‘n eentonige storie graak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.