Brumbies te sterk vir Chiefs

Damian McKenzie het die Chiefs eerste op die telbord geplaas nadat hy in die tweede minuut van die wedstryd ʼn strafskop deur die pale gejaag het.

Tevita Kuridrani het egter kort hierna vir die Brumbies punte aangeteken toe hy vir die eerste van twee drieë oor die doellyn geduik het.

Thomas Banks het kort hierna die Brumbies se twee drie gedruk gevolg deur Chance Peni wat minute later die eerste van twee drieë gedruk het.

Ataata Moeakiola het in die 29ste minuut die Chiefs se eerste drie gedruk. Lachlan McCaffrey het kort voor halftyd nog ʼn drie vir die Brumbies gedruk terwyl Folau Fainga’a in ekstratyd die Brumbies se voorsprong tot 33-10 gerek het.

Peni het kort ná die aanvang van die tweede helfte sy twee drie gedruk. Samisoni Taukei’aho het naby die 60ste minuut die Chiefs se laaste drie vir die wedstryd gedruk.

Die Brumbies was egter nog nie klaar nie en Josh Mann-Rea het agter die doellyn gaan kuier voordat Kuridrani sy tweede drie gedruk het.

Die Brumbies het hul eerste Superrugby-wedstryd teen die Rebels met 27-34 verloor. Die Chiefs het met 27-30 teen die Highlanders vasgeval in hul eerste wedstryd.

Puntemakers:

Brumbies 54 (33)

Drieë: Tevita Kuridrani (2), Chance Peni (2), Thomas Banks, Lachlan McCaffrey, Folau Fainga’a, Josh Mann-Rea. Doelskoppe: Christian Lealiifano (5), Wharenui Hawera (2).

Chiefs 17 (10)

Drieë: Ataata Moeakiola, Samisoni Taukei’aho. Doelskoppe: Damian McKenzie (2). Strafskop: Damian McKenzie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.