Buiteperd Quins klop Despatch uit Grootuitdaag

PE Harlequins - logoIn ongetwyfeld een van die grootste verrassings in SA klubrugby in baie jare het die onderskatte Port Elizabeth Harlequins Saterdag die hoogaangeskrewe Despatch `n uitklophou in die kwarteindronde van die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks toegedien.

Quins, wat vierde in Afdeling B van die reeks was, het die wedstryd in die WJ de Wetstadion op Despatch teen die tuisspan, wat eerste in Afdeling A was, 21-20 gewen.

Despatch, `n meermalige SA klubkampioen, het die OP se rugby die afgelope paar jaar grootliks oorheers.

Die ander gunsteling om die beker te wen, PE Polisie, het Star of Hope van Uitenhage op Kemsleypark oortuigend 44-5 geklop in `n kwarteindronde wat verder deur klein oorwinnings gekenmerk is.

Park het op Londtpark vir nog `n naelskraapse sege gesorg deur Progress van Uitenhage 24-23 onder te sit; en op die Derrick Ferreiraveld in Uitenhage moes Gardens speel vir wat hy werd is om Spring Rose (New Brighton) 13-8 te klop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Burton Biza Rensburg ·

Trotse P.E Harlequins speler.Never Quit is nie net ons slagspreuk nie,maar ons leefwyse
#teamneverquit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.