Buiteperde verras in Supersportreeks

Albei buiteperde het Donderdag verras in die naweek se eerste kragmetings in die Supersportreeks.

Die OP Kings het die Grens op eie werf in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen met 43-38 geklop, nadat die rustydtelling 28-28 was – wat ook die eindtelling in die gelykop stryd tussen Griekwas en die Sharks-vyftiental in Kimberley was (rustyd 14-13).

Grens se losskakel, Oliver Zono, was die dag se voorste puntemaker. Sy drie, vyf doelskoppe en ʼn strafdoel het hom en sy span 18 punte besorg.

Hoe mededingend die kragmetings verloop het, blyk onder meer uit die rustydtellings, en dat in Oos-Londen die wenspan ses teen die verloorder se vyf drieë gedruk, en in Kimberley elke span vier keer gaan druk het.

Die puntemakers –

Grens 38 (28) – Drieë: Oliver Zono, Mikey Makase, Sonwabiso Mqalo, Lelethu Gcilitshane (2). Doelskoppe: Oliver Zono (5). Strafdoel: Oliver Zono.

OP Kings 43 (28) – Drieë: Tango Balekile, Stefan Willemse, Brandon Brown, Stefan Ungerer, Sonwabo Majola, Neil Maritz. Doelskoppe: Pieter-Steyn de Wet (5). Strafdoel: Pieter-Steyn de Wet.

Griekwas 28 (14) – Drieë: AJ le Roux, JC Fraser, Renier Botha (2). Doelskoppe: George Whitehead, André Swarts (3).

Sharks 28 (13) – Drieë: Hyron Andrews, S’bura Sithole, Ilunga Mukendi, Garth April. Doelskop: Garth April. Strafdoele: Garth April (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.