Bulle hardloop futlose OP voos

Nizaam Carr het twee drieë gedruk. Foto: GB Jordaan.

Adam Sandler se karakter in The Longest Yard het met ’n tikkie wyse sportraad vorendag gekom: speel vroeg(erig) in die seisoen teen ’n swakker span en hardloop met die wedstryd weg. Dit is goed vir ’n span se selfvertroue én esprit de corps.

Nou ja, dit het gelyk asof die Bulle vandag Sandler se raad gevolg het toe hulle die Oostelike Provinsie op Loftus Versfeld verrinneweer het.

Die Pretorianers het ’n amperse kriekettelling opgestapel toe hulle die wedstryd met 87 – 10 gewen het. Trouens, Indië sou só ’n telling vroeër vanjaar in Adelaide verwelkom het toe die Aussies hulle op 36/10 teen die planke gehad het!

Nizaam Carr se jong Bul-span het uiteindelik 12 drieë gedruk, terwyl spelers soos Stravino Jacobs en Keagan Johannes hul driedrukvaardighede uitgestal het.

Foto: GB Jordaan.

’n Mens moet darem ook vir die OP in die bresse tree.

Dit voel asof die Oos-Kapenaars donkiejare terug laas rugby gespeel het en hulle was hoegenaamd nie rugbyfiks nie.

Dit sal baie onregverdig wees om die span van Jake White met Peter de Villiers s’n te vergelyk; selfs al het die Bulle ’n jong span gekies.

Maar goeiste, van daardie drieë was juwele!

  • Puntemakers:

Bulle: Drieë: Joe van Zyl, Nizaam Carr (2), Marco Jansen van Vuren, David Kriel, Stravino Jacobs (2), Tim Agaba, Marnus Potgieter, Keagan Johannes (2) en Jandré Burger. Doelskoppe: Chris Smith (8) en Jandré Burger (3). Strafskop: Smith.

OP: Drie: Sithembiso Befile. Doelskop: Inny Radeba. Strafskop: Radebe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Jake 1 snorre 0. Mos jare al terug gese toe snorre die bok afrigter was het hy met Jake se kalwers geploeg. Nou ja. In elk geval vir ‘n span wat onlangs nog teen top klubspanne van Europa gespeel het is die EP darem ellendig. Eintlik hartseer dat ‘n eens trotse unie wat uitstekende spelers en baie bokke gelewer het so verval het onder korrupsie en politiek. Vanaf Watson en sy ANC maatjies daar oorgevat het is dit net chaos, korrupsie en binnegevegte uiteindelik bankrotskap. Province moet maar ligtrap.

Nuff ·

Stem saam oor province. Hulle kan hulle dalk kort voor lank in n laer liga bevind.

Frans ·

‘n Wedstryd wat die gebrekkige rugbystelsel weereens duidelik na vore bring.Dit grens aan kranksinnigheid om eers so’n wedstryd as voorbereiding vir ‘n Pro16 liga te beskou.
Wanneer gaan dit einde kry.
Kyk na NZ en selfs die Aussies.Dit is ondenkbaar dat NZ se rugbybase hul swakste Mitre 10 span teen die huidige kampioen sal laat speel vir voorbereiding van hul plaaslike Superrugby.
Om dan nog liries te raak oor die drieë wat gedruk is wys dit net hoe ver self kommentators gebreinspoel is deur SA rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.