Bulle is o.21-kampioene ná terugvegpoging

Foto: Blue Bulls/Facebook

Die Blou Bulle is Saterdag as die kampioen van die Suid-Afrikaanse o.21-Rugbykampioenskap aangewys nadat hulle die Westelike Provinsie geklop het.

WP het met rustyd met 20-3 voorgeloop in die Toyota-stadion in Bloemfontein. ʼn Skitterende terugvegpoging in die tweede helfte het gesorg dat die Bulle die wedstryd met 33-27 wen.

Theo Boshoff het die Bulle vroeg in die wedstryd laat voorloop toe hy die bal deur die pale gestuur het. WP het kort hierna opgevolg met David Coetzer wat twee strafskoppe oorgesit het.

Die WP se Shaine Orderson en Vusile Dlepu was egter die enigste spelers wat voor halftyd daarin kon slaag om oor die doellyn te duik.

Dlepu het punte vir sy span aangeteken nadat hy aanvanklik die 15de minuut ʼn geel kaart gekry het vir ʼn hoogvat.

Die Bulle het egter in die tweede helfte teruggeveg en Stephan Smit het hul eerste drie aangeteken.

Die WP het kort hierna hulle tweede geel kaart gekry en Sazi Sandi is van die veld af gestuur. Drie strafdoele teen die WP het die Bulle gehelp om die puntverskil vinnig te verklein.

Gershwin Mouton en Carl Els het ook vir die Bulle oor die doellyn geduik en die Bulle het teen die einde van die wedstryd met 33-20 voorgeloop – ook danksy Boshoff se akkurate skopvoet.

WP se Gift Dlamini het in die 81ste minuut van die wedstryd oor die doellyn gebars, maar dit was egter reeds te laat.

Puntemakers:

Bou Bulle 0.21: Drieë: Stephan Smit, Gershwin Mouton, Carl Els. Doelskoppe: Theo Boshoff (3). Strafdoele: Boshoff (3). Skepskop: Boshoff.

Westelike Provinsie 0.21: Drieë: Shane Orderson, Vusi Dlepu, Gift Dlamini. Doelskoppe: David Coetzer (3). Strafdoele: Coetzer (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swartwolf ·

Bulletjies. Uitstekende comeback. WP narre verbaas met julle guts. So o/21 beker in die noord, so ook die curriebeker. Geen beker, Currie of super rugby, in die WP nie. Dankie tog.

Swartwolf ·

Tipies verskoning verskonings nou weer die lugdruk ha ha. Dog die WP doen soveel ontwikkeling. Die weer probeertjies was 20-3 voor halftyd. Man die wedstryd kon op maan plaasgevind het die bulle sou gewen het so pap het hulle WP gespeel in die tweede helfte. So albei Currie bekers in die noorde. Wonderlik.

kolla ·

Vrystaat is nie in die noorde nie dis sentraal. Lyk my nie daar was aardrykskunde waar jy skool gegaan het nie.

Cuda ·

Ons Bulle het goeie nuus nodig gehad. Well done manne. Ons is trots op julle. Net ‘n boodskap an kolla – Sien wat gebeur as jy net kritiseer en geen sportmans gees toon nie. Well done aan die Cheethas ook.

Buffel ·

Stem saam Cuda. Hier is manne hier wat darem nou bitterbal is……Bulle bly maar bo.

kolla ·

Nulle kon die hele dekade nie die Currie Beker wen nie, pateties.

Swartwolf ·

Suur druiwe. Stompies kon in 2 dekades nog nie ‘n super rugby beker wen nie. Die jaar heel laaste. Ook nie die Currie beker nie ‘n pro 14 span speel hulle pap. En daar kom die Jong bulletjies in een helfte en sit 30 punte op die jong stompies dis amper ‘n punt ‘n minuut. Lekker man lekker. WP skandes.

kolla ·

Stormers/WP 3 – nulle/blou nulle 1. Jy weet dis al wat saak maak.

SwartwolfsePa ·

Herinner ons bietjie aan die wen/verloor rekord tussen Stormers/WP en nulle vanjaar.

Swartwolf ·

Moet ons jou herhinner aan 40-3? Asook bulle in play offs vir SR? En daar wen die Jong bulletjies die CC en vermorsel die druiwetakkies met 30 punte in 40 minute ? En daar speel ‘n pro 14 die senior takkies pap vir die curriebeker? Watse trofee het die hele WP die jaar gewen? Definetief vir die bankrotste en swakste presterende unie in SA. Dink dis net nog ‘n kwota bestuurde spannetjie die kings, wat swakker vaar. Nee hemel en die WP het sulke goeie skole en universiteite hoekom gaan speel hul spelers by die bulle ? Al wat daar bly is kwotas soos die kaptein wat dit nerens anders kan maak nie. Dalk moet jy vir jou unie skrywe dat dinge nou erg sleg gaan. Die CC en SR trofee gaan nog lank wegbly.

Swartwolf ·

Craven Week ha ha ha ha as dit al is wat hul wen Dan is dit great. Ongelukkig gaan speel al daai craven week spelers vir ander unies en nie die bankrot WP nie so wat help dit nou eintlik. Ha ha ha reuse grap gryp na strooihalms kollatjie dis sleg om so desperaat te wees of wat se ek ?

Cuda ·

Kolla, ek wag nog steeds om te hoor of daar ‘n Blou Bul speler is wat van oorsee af gekom het…….! Sover ek weet ontwikkel Bulle net SA spelers. Al kom hulle van WP af. Vat Pollard, Hougard, ens, hulle het baie goed ontwikkel by die Bulle….

Swartwolf ·

Die beste WP skolespelers gaan speel by die bulle en ander unies agv die swak bestuur, binnegevegte, die afwesigheid van ‘n wen kultuur veral in super rugby, bankrotskap asook die kwota sisteem wat beter spelers uit die span hou soos om kwotas soos Mbonambi, Kolisi, Lleyds ens te behou. Kyk na Vrystaat se haker gisteraand – hy sal Mbonambi pap speel waarom is hy nie in Japan nie ? Na die wereldbeker waai wilco louw, Frans Malherbe asook etsebeth en koperkosie. Dan gaan dinge lelik uitmekaarval.

kolla ·

koperkosie, ha ha. Jy kan nogal snaaks wees, doen dit net te min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.