Bulle nou eerste op CB-punteleer

Die Blou Bulle het ses drieë teen die WP op Loftus Versfeld gedruk. Foto: GB Jordaan.

Morné Steyn het as die wenkaptein van die veld gestap toe die Blou Bulle gisteraand vir die Westelike Provinsie met 45–34 op Loftus Versfeld geklop het.

Die Pretorianers het ses drieë in die wedstryd gedruk om sodoende die nuwe voorlopers op die Curriebeker-punteleer te word.

David Kriel was vir twee drieë verantwoordelik, terwyl ’n strafdrie en ’n paar geel kaarte ook die Kapenaars gekniehalter het.

Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Strafdrie, David Kriel (2), Robert Hunt, Keagan Johannes en Lizo Gqoboka. Doelskoppe: Morné Steyn (5). Strafskop: Steyn.

WP: Drieë: JJ Kotze, Marcel Theunissen, Cornel Smit, Tristan Leyds en Angelo Davids. Doelskoppe: Tim Swiel (2) en Kade Wolhuter. Strafskop: Swiel.

  • Die Pumas het in Nelspruit weer eens amok teen die stomme Leeus gemaak toe hulle die Johannesburgers met 45–10 verrinneweer het.

Foto: Twitter.

Die Laevelders het die eerste ontmoeting tussen die twee spanne op Emirates Airline-park met ’n rekordtelling (50–9) oorrompel.

Jimmy Stonehouse se span het gister sewe drieë gedruk, terwyl Eddie Fouché met vyf stelskoppe in die kol was.

Puntemakers:

Pumas: Drieë: Eduan Swart, Sebastian de Klerk, Corné Fourie, Tinus de Beer, Devon Williams, Willie Engelbrecht en Alwayno Visagie. Doelskoppe: Eddie Fouché (5).

Leeus: Drieë: Jacques-Louis du Toit en Sasko Ndlovu.

  • Dit was weliswaar nie ’n vertoonvenster vir hardlooprugby in Kimberley nie, maar die Haaie het genoeg gedoen om Griekwas met 13–6 te wen.

Die Durbaniete is egter weer op die wenpad nadat hulle in hul vorige twee wedstryde in die stof gebyt het.

Puntemakers:

Haaie: Drie: Fez Mbatha. Doelskop: Joaquin Bonilla. Strafskoppe: Bonilla (2).

Griekwas: Strafskoppe: George Whitehead (2).

  • Jongste Curriebeker-punteleer:
  1. Blou Bulle: 30 punte
  2. Cheetahs: 26 punte
  3. Haaie: 22 punte
  4. Griekwas: 16 punte
  5. Pumas: 15 punte
  6. WP: 8 punte
  7. Leeus: 2 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
MakersMark

Go Bulle. Dit was ‘n goeie oorwinning.

SjN

Wonder waar is die anti Bull supporters se kommentaar nou? mooi Bulle, vorige berig was mos dat hul te goed was vir die Ospreys.