Bulle, Pumas behaal wegholoorwinnings

Die Blou Bulle het ses drieë teen die WP in Kaapstad gedruk. Foto: Hansie Linde.

Dit was ’n aksiebelaaide Woensdag met drie Curriebekerwedstryde wat in die middel van die week plaasgevind het.

In Kaapstad het die Blou Bulle hopeloos te veel skietgoed vir die Westelike Provinsie gehad om hul tweestryd met 40–21 te wen.

Die Ligbloues het ses drieë gedruk en hulle het rustyd reeds ’n gemaklike voorsprong van 28–0 geniet. Die tuisspan het egter laat in die tweede helfte wakker geskrik om drie drieë te druk.

Cyle Brink, wat sy buiging vir die verdedigende Curriebeker-kampioenspan gemaak het, het dit met ’n drie gevier, maar hy moes later die veld met ’n enkelbesering verlaat.

Blou Bulle: Drieë: James Verity-Amm, Canan Moodie, Simphiwe Matanzima, Cyle Brink, Bismarck du Plessis en Marco Jansen van Vuuren. Doelskoppe: Morné Steyn (5).

Westelike Provinsie: Drieë: Nama Xaba, Tristan Leyds en Marcel Theunissen. Doelskoppe: Tim Swiel (3).

  • Die Pumas se Johannesburg-avontuur het in ’n driedrukfees ontaard toe hulle die Leeus met 50–9

    Die Pumas het die Leeus met 50 – 9 in Johannesburg geklop. Foto: GB Jordaan/Argieffoto.

    oorrompel het. Dit is die Laevelders se hoogste Curriebeker-telling nóg teen die Gautengers.

Met Jimmy Stonehouse aan die stuur van sake by die Pumas, kan jy maar weet dat hulle goed afgerig is en dit het in gisteraand se wedstryd gewys.

Hulle was klinies en hul voorspelers het kliphard die kitaar geslaan.

Pumas: Drieë: Devon Williams, Daniel Maartens, Corné Fourie, Tinus de Beer, Llewellyn Classen, Brandon Valentyn. Doelskoppe: De Beer (6). Strafskop: De Beer.

Leeus: Strafskoppe: Vaughen Isaacs (3).

  • OJ Noa se rooi kaart het gesorg dat die Haaie moes spartel om Griekwas in Durban te troef.

Tot sy oortreding in die 61ste minuut het die tuisspan met 18–6 voorgeloop, maar die Kimberley-manne het daarna met ’n hernieude aanslag vorendag gekom en die wedstryd het op ’n opwindende einde afgestuur.

Die Durbaniete het egter genoeg gedoen om die wedstryd met 24–23 te wen.

Haaie: Drieë: Cameron Wright en Dan Jooste. Doelskop: Jordan Chait. Strafskoppe: Sanele Nohamba (2), Murray Koster en Chait.

Griekwas: Drieë: Michael Amiras en Sango Xamlashe. Doelskoppe: Zander du Plessis (2). Strafskoppe: Du Plessis (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

Lyk my die Bulle hou meer van die nuwe stadion as van Nuweland?

piet ·

Lyk asof daai druk in die gesig op die foto ‘n verbanning regverdig. Is die vuilspeler al aangekla?

MakersMark ·

piet ek is ‘n bul ondersteuner maar ek stem saam weet nie of dit gisteraand gebeur het nie maar dis ‘n hand in die gesig en duidelik nie per ongeluk nie…..

Hendrik ·

Ek was n groot ondersteuner van die leeus. Ek sien hulle is nou tenvolle getransformeer. So ek wens hulle sterkte toe. Ek kyk nie meer die swak rugby wat in CC gespeel word nie. Ek kyk glad nie vir jare krieket nie en is klaar met rugby ook. Ek kyk net tennis, ufc en Engelse sokker.

SjN ·

Die blou masjien het die laaste 20 minute laat slap le, Wp moes nie eens punte aangeteken het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.