Bulle skop Curriebeker met oortuigende sege af

Manie Libbok – speler van die wedstryd. (Foto: Facebook)

Die Blou Bulle het Vrydag in Bloemfontein hul eerste Curriebeker-wedstryd van die nuwe seisoen oortuigend teen ʼn redelike sterk Vrystaatse Cheetahs-span gewen.

Net soos die Pumas teen Griekwas, het die Pretoriase span die genadeslag in die tweede helfte toegedien, nadat die rustydtelling gelyk op met 7-7 was. Die Blou Bulle het uiteindelik met 34-12 gewen.

Die belowende Manie Libbok (losskakel), het sy stempel sterk op die wedstryd afgedruk, die helfte van die wenspan se punte op die telbord geplaas, en is as die speler van die wedstryd gekroon.

Hy het ʼn drie gedruk, en met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag.

Die tuisspan het ná rustyd kortstondig met 12-7 voorgeloop, maar toe die Blou Bul sy horings laat sak, was dit een te veel vir die Vrystaters.

Dis baie vroeg om te praat – die kort Curriebeker-reeks het maar Vrydag begin – maar daar is aanduidings dat Pote Human, die Bulle se nuwe hoofafrigter, beter met die hardlooppatroon kan vaar as wat die Pretorianers tot dusver daarin kon slaag.

Die puntemakers –

Vrystaat 12 (7) – Drieë: Joseph Dweba, Shaun Venter. Doelskop: Tian Schoeman.

Blou Bulle 34 (7) – Drieë: Manie Libbok, strafdrie, Jade Stighling, Divan Rossouw. Doelskoppe: Libbok (3), Strafdoele: Libbok (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Die bulle moet nou sarterdag wen die hele Canada staan agter julle bulle lekker speel hulle kan wen

SjN ·

Die probleem met die Vrystaat is dat hul klaar gewen het alvorens die wedstryd gespeel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.