Bulle skuif op na die derde plek na oorwinning

RG Snyman, uitblinker teen die Pumas (Foto GB Jordaan)

RG Snyman, uitblinker teen die Pumas (Foto GB Jordaan)

Die Curriebeker se puntelys het in die naweek se ronde heelwat geskommel, en na Saterdagaand se 41-14 oorwinning van die Blou Bulle teen die Pumas op Nelspruit is hulle nou derde.

Maar die punteleer bly niksseggend omdat sommige spanne meer as ander gespeel het, en ook omdat hulle vanweë die groot verskil in die gehalte van teenstanders makliker of moeiliker uitdagings na die einde van die ligaronde het.

♦  Op Nelspruit het die Pumas, wat tradisioneel die Bulle opkeil, dit aanvanklik weer gedoen. Hulle het later ook ʼn keer of wat baie naby aan die doellyn gekom voordat dissipline en sommer vrot foute hulle gekos het. Hulle is na vyf wedstryde steeds sonder `n sege.

Die Bulle het ook in die tweede helfte eers regtig begin lostrek nadat hulle in die eerste helfte self skuldig was aan te veel foute en deur die Pumas se baie oortredings en foute nie ritme kon kry nie.

Of die wedstryd, met drie drieë in elke helfte teenoor die Pumas se enkele reg teen die einde, aan die Bulle-afrigter Nollis Marais se wens van twee opeenvolgende goeie wedstryde sal voldoen, is nie te seker nie. daarvoor was sy span te slordig.

Daar was, selfs in die eerste helfte toe dinge nog nie te maklik vir die Bulle was nie, te veel gevalle van suinigheid met spanmaats in beter posisies wat versmaai is. Ondanks die toenemend-beter ondersteuning soos die wedstryd gevorder het, is dit iets wat seker effens sal aandag kry. Hardlooprugby impliseer immers oordeelkundige verspreiding.

Die Bulls was in elke faset te goed vir die tuisspan vir wie die Bulls-franchise se losvoorspeler en kaptein van die Pumas, Renaldo Bothma, uitgeblink het.

Puntemakers –

Pumas (9) 14 : Drie: Ruwellyn Isbell. Strafdoele; Francois Brummer 3
Blou Bulle (24) 41: drieë: Ulrich Beyers, Travis Ismaiel, Nic de Jager, Hanro Liebenberg, Jamba Ulengo 2. Doelskoppe: Tian Schoeman  3, Joshua Stander: Strafdoel: Schoeman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Die hoogtepunt in die wedstryd -skeidsregter Stuart Berry se blatante obstruksies wat tot ‘n drie vir die Bulle gelei het en die keerpunt in die wedstryd was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.