Bulle stel gesoute sakeman aan as uitvoerende hoof

Alfons Meyer, links, en Willem Strauss, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof en ook die BBRU se president, tydens die bekendmaking van Meyer as die BBM se nuwe uitvoerende hoof. (Foto: GB Jordaan).

Die nuwe uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM) is ʼn relatief onbekende in rugbykringe, maar het al diep spore in  die sakewêreld getrap.

In hierdie dae waar letterlik alle nasionale rugbyunies, franchise’e en klub- en provinsiale spanne wêreldwyd finansieel swaar trek, het die BBM klaarblyklik besluit om die klem met die aanstelling van die nuwe uitvoerende hoof eerder op die finansiële aspekte as rugby te laat val.

Alfons Meyer, wat ondermeer tien jaar lank hoof van PwC Consulting Services was en daarna die besturende direkteur van IBM se  sake-konsulteringsdienste, is tans ʼn nie-uitvoerende direkteur van die First Rand-groep.

Dit is Meyer se sakevernuf wat moontlik die deurslag gegee het in ʼn pos wat oënskynlik minder met die rugbysake te doen sal hê.

Meyer bly tans in Mosselbaai, en sal op 1 Januarie as werknemer van die BBM aanmeld waar hy ʼn maand met die uittredende uitvoerende hoof Barend van Graan sal saamwerk. Van Graan tree ná ʼn verbintenis van 35 jaar by die Blou Bulle en die BBM af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Callie ·

Grootste geldverlies is as gevolg van lee paviljoene. Geen geld ghoeroe gaan daai deel regmaak nie. Slegs n wenspan kan dit doen. Geen span kan wen as beste spelers nie speel nie. Beste spelers kort egter n goeie afrigter wat in sy speelstyl glo en sy span so kan afrig. Is dit moontlik in SA rugby. Ek glo nie

jannie ·

Dankie tog van graan is GONE!!! Hierdie nuwe baas het klaar gese die bulle se blommetjie bly!!

Johan ·

Ta-ta Barend,geniet die aftrede.Nou Moet Matfield en Fourie net die leisels vat,Pote voor,Fourie agter met Victor oorhoofs.

anton lombaard ·

Geluk Willem Best of luck with the Bulls
REGARDS
Anton LOMBAARD
Old Sap. Van Der stel..and Boland
Support
Pumas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.