Bulle tem die Leeus, WP wen oortuigend en Cheetahs verloor weer

Manie Libbok ontduik vir Ross Cronje. Foto: GB Jordaan

In Johannesburg het die Blou Bulle die Goue Leeus se nou amper tradisionele doodsnik-heldedade van die afgelope Curriebeker-seisoen beëindig, toe hulle die tuisspan 31 – 26 getroef het.

Die Leeus wen deesdae hul wedstryde in die laaste paar minute van hul kragmetings – vra maar vir die Pumas, WP en Cheetahs – maar die Bulle het, en dít ten spyte van ’n rits kaarte, diep gedelf om die wedstryd met vyf punte te wen.

Waar hulle verlede week met ’n volledige span teen die Griekwas gesukkel het, het hulle dié keer op Loftus met net 13 spelers gesorg dat die uurglas vir die Leeus se Houdini-ontsnapvermoëns uitgeloop het.

Puntemakers: Blou Bulle: Drieë: Cornal Hendricks, Dayan van der Westhuizen, Manie Libbok. Doelskoppe: Libbok (2). Strafskoppe: Libbok (4). Goue Leeus: Drieë: Strafdrie, Shaun Reynolds, Pieter Jansen, Stean Pienaar. Doelskoppe: Reynolds (3).

Foto: WP Rugby

Siya Kolisi het intussen sy terugkeer in die streeptrui met ’n oortuigende oorwinning van 45 – 14 teen die Pumas op Nuweland gevier. Die Bokkaptein het vir meer as 40 minute gespeel en het heel op sy gemak gelyk.

Hoewel die Pumas aanvanklik die beter span op die veld was, het die WP uiteindelik sewe drieë – waarvan drie binne slegs nege minute – gedruk om die wedstryd op ’n drafstap te wen.

Puntemakers: WP: Drieë: Sergeal Petersen, Sikhumbuzo Notshe, Seabelo Senatla (2), Justin Phillips, Ernst van Rhyn, Ruhan Nel. Doelskoppe: Josh Stander (3) en Jean-Luc du Plessis (2). Pumas: Drieë: Alwayno Visagie en Chris Smith. Doelskoppe: Smith (2).

Foto: Sharks

Die Cheetahs het hul tweede agtereenvolgende nederlaag gely, toe die Haaie hulle 27 – 20 geklop het.

Met die telling 20 elk en slegs ’n rukkie se speeltyd oor, het Kobus van Wyk Cheetah-harte gebreek toe hy ná volgehoue druk die wendrie vir sy span gaan druk het.

Puntemakers: Haaie: Drieë: Lwazi Mvovo, Aphelele Fassi en Kobus van Wyk. Doelskoppe: Curwin Bosch (2) en Rhyno Smith. Strafskop: Bosch. Skepskop: Bosch. Cheetahs: Drieë: Joseph Dweba, Bernhard Janse van Rensburg en Carel-Jan Coetzee. Doelskop: Louis Fouche. Strafskop: Fouche.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Swartwolf ·

En daar stamp die afgeskryfde bulle die leeus met 14/13 spelers. En die pap stompies met 15 ouens kon nie. Well done bulle.

Sparks ·

Ek het jul gesè laat Ross Cronje gaan. Hy speel swak en verdedig swak. Los trio ook swak.

Koos ·

Stem saam Sparks dit is so goed die Lions speel ook met 14 man. Ross Cronje moet die gelukkigste persoon ooit wees wat springbokkleure gekry het!

Thinus Erasmus ·

Nuwe name van plekke kan mens soms verwar, maar Loftes is nog altyd in Pretoria ou Johann! En Cuda … rooi kant sal jy daar by Emperors sien, of as jy gelukkig is tuis.

Albert ·

Ja die Bulle het karakter gewys met die dat hul so lank met 14 en 13 manne moes speel. n Rooi kaart wat te betwyfel was maar wst sal ons se die ref is in beheer. Ek wonder nou net waar is al die manne wat die Bulle die nulle noem nou na gister se petalje.

Swartwolf ·

Hy praat sy gewone snert op ander rugby artikels se kommentaarblad.

Cuda ·

Thinus E. Ek het eers nie verstaan wat jy bedoel nie. Toe lees ek weer my nota. Eish. Nou self lekker gelag….”kaart”. Hulle sê dis belangrik om letters op regte plek te hê soos in Proes straat (weet nie of sy naam al verander het nie), dorpie in die Kaap genaamd Pniel….

Cuda ·

Well done Bulle. Daai rooi kant het ons verdien. Ek ondersteun nie sulke spel nie. NZ s’n was net so bad. Bulle het baie karakter gewys. Ek sal net graag wil sien hulle doen dit meer konstant.

LHS ·

As stoere bulle ondersteuner moet ek toegee dat die laaste beweging van die leeus nie n geelkaart en strafskop moes wees nie maar tegnies n versekere strafdrie.

Iggie ·

Ek wonder wie het die Leeus betaal en hoeveel om so swak te speel op tuisbodem? Die Bulle het goed gespeel even met 13 manne op die veld, maar ek is jammer om te sê, die Leeus gaan die beker wen. We are red, we are white, we are Dynamite!!!

bloues ·

Ek kry die Cheetah se spelers jammer. Hulle doen hulle bes en het baie talent maar die breinkrag by die afrigters is maar min. Hulle val aan en met hul eie lynstaan 5meter van die doellyn, wat maak die afriger? Hy vervang die hakker? Ai daai was nou n baie swak besluit

Jan kapelaan ·

Die rooi kaart was verseker ‘n rooikaart – in wese presies dieselde oortreding as die rooikaart oortreding deur die All Black-speler teen Oz. Reel is daar baie duidelik. Gevaarlike spel moet uitgeroei word.

LHS lig ‘n uiters interessante punt wat al die ander kommentators oor stilbly. Baie dankie LHS – veral as Bulle ondersteuner. Ek het ook nogal gedink itv strafdrie – die potensiele Leeus ontvanger aan binnekant wat die bal sou ontvang, was oop en daar was geen ander kruisverdediging nie. Hy sou verseker gaan druk het. En Sage het duidelik net gegaan om die aangee “dood” te maak nie regtig om te onderskep nie.

Nietemin geluk Bulle – deursettingsvermoe en ‘n wil om te wen wys mens kan nogal iets doen dan. Wys ook dat die Leeus waarskynlik “gelukkig” was om te wees waar hulle is op die punte tabel. Kon net sowel 3de of 4de gewees het, as hul opponente in vorige wedstryde nie dom besluite geneem het met strafskoppe nie.

Anoniem ·

Verskoning en nogmaals veskoning vat die verloor met 13 teen 15.

Frans C ·

@LHS. Ja dit moes ‘n strafdrie gewees het,maar dit sou die Leeus onverdiend laat wen het.
Dit was nie die ergste nie,daar was ‘n voorval waar ‘n Blou Bull ‘n speler openlik op die grond bydam.Die kommentators het dit erger as Barrett se oortreding beskryf en was verbaas was dat dit net ‘strafkop was.

Al wat ‘n mens wil sien dat skeidsregter reëls konsekwent vertolk en toepas ongeag die speler of die span.In die Engeland-Wales was daar ‘n soortgelyke voorval en het die skeidsregter net met die Engelsman gepraat en gewaarsku.

As die skeidsregter soveel mag het dat hy die verloop van ‘n wedstryd kan verander
moet daar ‘n oplossing wees om die speler getal gelyk te hou,want in die Leeus/Crusader finaal in 2017 word Smith gestraf met ‘n rooikaart omdat hy die bal dop gehou het en toe te laat is om die opspringende heelagter David Havili wat ingehardloop het om die bal te vang ,te vermy.

Dit was nie opsetlik nie,dit was ook nie roekeloos nie want ‘n speler op volspoed het nie
ABS-remme nie.Dit was in die 38 ste minuut van die eerste helfte en met die rooikaart
was die wedstryd vir die Leeus en hul ondersteuners verby.

JohanL ·

FransC – ek stem met jou saam oor die onregverdige ongelyke wedstryd wat die gevolg is van ‘n rooikaart.

My voorstel is dat die speler natuurlik afgestuur word en ‘n straf-strafskop (pasella 3 punte) aan opponente toegeken word. Spel begin met afskop op middellyn of skrum waar oortreding plaasgevind het, met span wat paselle 3 punte gekry het, wat die bal ingooi. Die pasella 3 punte vergelyk met krieket se 5 straflopies onder bepaalde omstandighede.

Die span wie se speler afgestuur is, mag dan egter daardie speler vervang. Dit is nie die span wat die ongeoorloofde oortreding begaan het nie. In meerderheid gevalle (ja daar sal altyd uitsonderings wees) is die 14-man span vs 15-man span ‘n ongelyke onregverdige gevolg van een individu se onbesonne optrede.

Nico K ·

Ek stem saam met bogenoemde. ‘n Rooi kaart het te ‘n groot invloed op ‘n wedstryd. En baie sulke gevalle is in die hitte van die oomblik op volspoed. Soos deesdae se onderskep pogings wat almal kaarte kry en meestal net reflekse is. As jy die bal sien probeer jy gaan vir hom. Jy het nie minute op stadige aksie om te besluit of dit ‘n realisitiese kans was nie.

Spike ·

Meyer en Franco van VS. Bedank dadelik. Dit is julle skuld dan die VS verloor, omdat julle nie strafskoppe pale toe vat nie. Arrogant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.