‘Bulls-duiker het rooi kaart verdien’

ʼn Speler van die Chiefs het volgens die wedstrydkommissaris ʼn rooi kaart verdien vir ʼn gevaarlike duikslag Saterdag in die Superrugbywedstryd teen die Bulls in Hamilton.

Die senter Jonathan Faauli is, luidens ʼn verklaring deur Sanzaar, uitgewys vir ʼn voorval in die 27ste minuut van die kragmeting.

Die kommissaris meen dit was ernstig genoeg dat die speler van die veld gestuur moes wees.

Die verklaring wei nie uit oor die oortreding nie, maar dit moes gebeur het pas voor Handré Pollard met sy derde strafsdoel geslaag het, nadat die Chiefs gestraf is omdat hulle die bal op die grond gespeel het.

Dit het die besoekers met 9-3 laat voorloop, maar die Chiefs het uiteindelik met 28-12 gewen.

Die kwessie sal Sondag by ʼn videokonferensie deur die reeks se vuilspelkomitee onder die loep geneem word.

As Faauli skuld erken en sy opgelegde straf aanvaar, word die saak daar gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

What a joke! ·

Om die waarheid te se skeidsregters lynregters is absoluut new zealand georienteerd!
Maak my moeg om te sien dat hul kan skeef ingooi die bal steel van n onkant posisie en gevaarlik duik en daarmee wegkom, as die Suid Afrikaanse spanne dieselfde doen is die straf tien keer erger! Nie meer die moeite werd om te kyk nie jy speel teen n ander span en n gekoopte spul skeidsregters daarby ok! Nee wat n mors van tyd! Eks klaar met rugby! Ek kyk eerder rolbal waar daar nie voorgetrek word nie dankie!

Frik ·

What a joke kan nie meer saam met jou stem nie. Die rugby van vandag het ontaard in n sirkus met ontelbare reels wat nie konsikwent toegepas word deur die skeidsregters nie. Kyk na gister se wedstryd in Johannesburg met hoogvat insident waar drie van Sharks nie toegeken was nie, hoe is die hoogvat reel nie daar uitgebuit nie.
Nee wat sien net probleme vir rugby in die toekoms. Aus as voorbeeld kyk toeskouers meer Rugga Rugby en Pro Rugby as gewone Rugby . Rugby was 4 jaar gelede die 3 de populerste sport in Aus vandag is dit die 14 de . Rugby is in groot finansieele moeilikheid in Aus en dit gaan dieselfde pad loop hier in SA met sy politieke inmenging net vinniger.

pieter ·

Stem ja refs inconsistant oor reels kyk hoeveel geel en rooi kaarte is uitgedeel van di begin van seisoen af vi nek vatte , laas week baie di naweek minder vi selle oortredings ,aan begin van seisoen is vir skeidsregters gese konsentreer op nekvatte nou doen hul so en laat ander oortredings verby gaan , kyk naweek se games , by afskoppe hoe ver is spelers voor die bal,by lynstane skrums bal skeef ingegooi ,hoeveel spelers gaan met skouer by los in ,hoe veskil refs by afbreek punte en so kan ons aangaan ,rugby is ni meer rugby nie , di spel is te vinnig vi sommige refs

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.