Bulls: Goed was toe nie goed genoeg nie

Burger Odendaal en sy agterspelers het weer indruk, en ook ‘n paar foute, gemaak. (Foto GB Jordaan)

In ʼn riller waar dit weer beklemtoon is dat rugby nie noodwendig ʼn regverdige spel is nie, is die wedstryd tussen die Bulls en die Highlanders Saterdag ná 80 minute eers besleg.

Die Bulls het hulle ondersteuners lank laat asem onthou en toe laat juig in die Superwedstryd op Loftus toe hulle  ʼn agterstand van 14-23 omgekeer en met 28-26 voorgeloop het met drie minute se speeltyd wat oorgebly het.

Maar hulle het met 28-29 verloor nadat die Highlanders, wat meestal op die agtervoet was, teruggeveg het. Die besoekers het twee strafskoppe afgedwing, en Lima Sapoaga het sy sewende uit sewe skoppe vir die wenpunte oorgeskop.

Daar was rukke dat die Bulls gelyk het of hulle die besoekers sal verpletter. Maar miskien het hulle nie genoeg geduld aan die dag gelê nie, miskien was hulle te oorgerus ná die goeie eerste helfte hoewel hulle net voor rustyd effens teruggeruk is met ʼn strafdoel.

Die Highlanders het twee langafstand-drieë teen die verloop in gedruk, Lima Sapoaga het sewe uit sewe keer oorgeskop en die span wat gedomineer en die meeste drieë gedruk het, het nie gewen nie.

Dit is steeds deel van die groeiproses waarmee die Bulls besig is wat reggestel moet word.

Die Bulls het egter nie net gehardloop nie. Hulle skrums was indrukwekkend, en Gqoboka en Trevor Nyakane, albei heelwat ligter as voor John Mitchel se aankoms in Pretoria, het saam met eers Adriaan Strauss en Jaco Visagie die besoekers in die skrums laat kreun.

Puntemakers –

Bulls (14) 28: Drieë: Strafdrie, Handré Pollard, Jason Jenkins, Jesse Kriel. Doelskoppe: Pollard (3).
Highlanders (10) 29:

Drieë: Aaron Smith, Fletcher Smith. Doelskoppe: Lima Sopoaga (2). Strafdoele: Lima Sopoaga (5).

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico ·

En die beheptheid met die strafskoppe wat hoek toe geskop word en nie pale toe nie soos voor rustyd vir Bulls kon dalk net dalk ander uitslag gee

Frans C ·

Die spreekwoord van ‘die beste stuurlui staan aan wal’ bly maar waar.Heelwat beslissings deur die skeidsregter veral waar die Bulls op die doellyn geboer het en die Hi-landers geweier het om weg te rol het teen die Bulls gegaan.

Wessie ·

Ek stem Frans.
Die Bulle se verloor kan nie hul eie skuld wees nie!
Dis die ander span wat nie wou wegrol nie…LOL

Frans C ·

Beste Wessie net om jou dag ‘n bietjie op te helder en ingeval jy nie kan onthou nie.World rugby.
Tacklers must:
Immediately release the ball and the ball-carrier after both players go to ground.
Immediately move away from the tackled player and from the ball or get up.
Be on their feet before attempting to play the ball.
Allow the tackled player to release or play the ball.
Allow the tackled player to move away from the ball.
Sanction: Penalty.

Tacklers may play the ball from any direction provided they have complied with the above responsibilities and a ruck has not formed.
Tackled players must immediately:
Make the ball available so that play can continue by releasing, passing or pushing the ball in any direction except forward. They may place the ball in any direction.
Move away from the ball or get up.
Ensure that they do not lie on, over or near the ball to prevent opposition players from gaining possession of it.
Sanction: Penalty.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.