Bulls kies grofgeskut vir Tukkies-opwarming

Springbokke-31-vs-Walles-30-Nelspruit-21-Jun14-GB-Jordaan-Morne-Steyn-13-904x1024.jpg

Morné Steyn. (Foto: GB Jordaan).

Die Bulls se Superrugby-voorbereiding begin Saterdag in alle erns wanneer hulle twee opwarmingswedstryde teen Tukkies op die Tuks-stadion in Pretoria speel.

Die Pretoriase Super-span het hul grofgeskut vir die twee kragmetings gekies met spelers soos Warrick Gelant, Josh Straus, Rosko Specman, Juandré Kruger en Ivan van Zyl wat in die beginspanne is.

Manie Libbok is die opdraflosskakel in die tweede wedstryd, met die ervare Morné Steyn op die plaasvervangersbank.

Steyn het vroeër gesê dat hy die no. 10-tientrui syne wil maak. Die 36-jarige Steyn is weer terug in Bulls-land ná ’n hele paar seisoene in Frankryk.

Die twee wedstryde skop Saterdag om 09:00 en 11:00 af.

Bulls (eerste wedstryd): Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (kaptein en binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Muller Uys (agtsteman), Wian Vosloo (flank), Marco van Staden (flank), Juandré Kruger (slot), Andries Ferreira (slot), Wiehahn Herbst (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Simphiwe Matanzima. Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Dayan van der Westhuizen, Ian Groenewald, Marius Verwey, Jean Droste, David Coetzer, Dawid Kellerman, Diego Appolis en Tim Agaba.

Bulls (tweede wedstryd): Richard Kriel (heelagter), Jade Stighling (regtervleuel), Marnus Potgieter (buitesenter), Dylan Sage (binnesenter), Divan Rossouw (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Abongile Nonkontwana (flank), Jeandre Rudolph (flank), Ruan Nortje (slot), Ryno Pieterse (slot), Mornay Smith (stut), Jaco Visagie (haker) en Gerhard Steenekamp (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Madot Mabokela, Adre Smith, Ewan Coetzee, Marco Jansen van Vuren, Morné Steyn, Jay-Cee Nel, Franco Naude en Vaughn Isaacs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.