Bulls klop Cheetahs in powere wedstryd

Lizo Gqoboko, uitblinker van die bank af (Foto bluebulls.co.za)

Twee spanne wat heelwat, maar hoofsaaklik van kantlyn tot kantlyn, gehardloop het, swak opsies en power vaardigede het Saterdagmiddag op Loftus in ʼn naelskraapse 20-14-oorwinning van die Bulls teen die Cheetahs geëindig.

Slordige lynstaanwerk en ook so-so skrums van die Bulls se kant, ʼn agterlyn wat tot kort voor die einde merendeels planloos was, en die plaasvervangers met veral RG Snyman en Lizo Gqoboko wat die verskil gemaak het, sal kwaai selfondersoek in die Bullskamp verg.

Hulle het die besit en die gebied oorheers; sommer baie meer meters (vorentoe!) as die Cheetahs met die bal gehardloop; minder balle laat omkeer; meermale teenstanders geklop en minder duikslae gemis; en les bes, tot die laaste tien, twintig minute nie gelyk of hulle die wedstryd gaan wen nie.

Aan die pluskant vir hulle het die Bulls, wat rustyd met 3-11 agter was, in die tweede helfte 17 punte teen net drie aangeteken. En hulle het nou drie uit drie op Loftus, sê nie hoe nie, gewen.

Die Cheetahs het hulle kanse gehad, maar nie genoeg gedoen met aanvalle wat net hier en daar gevaarlik gelyk het nie.

Ironies genoeg was dit die Bulls wat in die laaste kwart meer balle na hulle vleuels kon deurstuur, terwyl Raymond Rhule en William Small-Smith se betrokkenheid tot kruisverdediging beperk is.

Tian Schoeman is nie Handré Pollard nie. Tensy sy opsies en veral sy besluit van wanneer om vlak en wanneer diep te speel ingedril kan word, is daar swarigheid vir die agterlyn en die span se aanvalsvermoë.

Ironies was dit die twee jong slotte, RG Snyman na hy opgekom het en Jason Jenkins, wat die ander gewys het hoe om aan te val en af te laai. En dit is ook toe die kentering in die wedstryd gekom het.

Lood de Jager, twee jaar gelede se SA speler van die jaar wat op slot begin het, was weer teleurstellend stil.

Tier Schoeman was vir die Vrystaters altyd lastig by die afbreekpunte, Swys Venter het hard probeer om die lyn te sny uit frustrasie met die span se onvermoë om deur te beek, en Clayton Blommetjies was deurgaans gevaarlik, soos sy teenstander Warrick Gelant wat ook met goeie voetwerk hier en daar bresse geslaan  het.

Maar in die geheel was dit ʼn wedstryd wat goed met die tussen twee Aussie-spanne vergelyk – en dít is niks om oor huis toe te skryf nie.

Puntemakers –

Bulls (3) 20: Drieë: Jacques Potgieter, Jesse Kriel. Strafdoele: Tian Schoeman 2. Doelskoppe: Schoeman 2.
Cheetahs (11) 14 – Drie: Tier Schoeman. Strafdoele: Niel Marais 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riaan ·

Nou wen die Bulls weer die beker na die wen soos somige bulls supporters aan gaan.

Scalla ·

Teleurstellend swak aan beide spanne, Die bulle het toe die teendeel bewys en gewen aangesien die cheethas volgens ofm radio reeds al vrydag gewen het. Tans verdien geen sa span om in finale te speel in die kompetisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.