Bulls klop Cheetahs, wen Wêreld-klubtienetoernooi

Die Bulls met die Beachcombertrofee. (Foto: Organiseerders)

Die Bulls het Sondag die Beachcomber-Wêreld-klubtienetoernooi in Mauritius gewen toe hulle die Cheetahs in die eindstryd met 26-7 geklop het.

Vir baie van die spelers was hierdie rugbyformaat ʼn nuutjie, maar die intensiteit van die wedywering was deurgaans hoog – en die wedstryde het ook aan ondermeer ʼn hele aantal Superspelers die kans gebied om kontakrugby te speel terwyl die Springbokke in die toetsreeks met Frankryk gewikkel is.

Die Bulls se slot RG Snyman, wat vier weke na die wedstryd teen die Highlanders geskors is nadat hy met sy skouer eerste in ʼn losskrum ingestorm het, het sy terugkeer tot rugby in die toernooi gemaak.

Saam met hom was daar ondermeer manne soos Boom Prinsloo, Jannes Kirsten, André Wagner, Ivan van Zyl, Nick de Jager, Edgar Marutlulle, Shaun Adendorff en Tony Jantjies in die wenspan.

Die aanvanklike span wat deur die Cheetahs bekendgemaak is, het ook spelers oos ondermeer Charles Marais, Carl Wegner, Reniel Hugo, Rayno Benjamin en William Small-Smith ingesluit – duidelik met die doel om die manne bymekaar te bring met die oog op die Curriebekerreeks wat reeds op 21 Julie begin en met net twee Superwedstryde wat voorlê.

♦ Die Bulls het moontlik die voordeel gehad dat hulle, anders as die Cheetahs, ʼn makliker halfeind gehad het waarin hulle die Western Force met 33-14 geklop het. Die Cheetahs moes hard werk om die Atlantic Pacific Dragons met 17-14 uit te skakel.

Uitspeelwedstryde se uitslae –

Kwarteind
Western Force 33 Brumbies 0
APD 36 Tsunami Pyrenees 0
Cheetahs 17 Kubota Spears 10
Bulls 26 Harlequins 19
Bekerhalfeind
Bulls 33 Western Force 14
Cheetahs 17 APD 14
Plaathalfeind
Brumbies 24 Harlequins 17
Tsunami Pyrenees 12 Kubota Spears 5
Skildeindstryd
Kubota Spears 13 Harlequins 10
Kom-eindstryd
Tsunami Pyrenees 21 Brumbies 12
Plaateindstryd
APD 17 Western Force 12
Bekereindstryd
Bulls 26 Cheetahs 7

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Was goeie oefening vir sekere spelers en alles begin maar klein. Ek het net bitter min toeskouers gesien. Hoop die toernooi was in sy geheel die moeite werd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.