Bulls kou harde bene in Canberra

Duane Vermeulen is in die tweede helfte beseer. Foto: Facebook.

Ná verlede week se spogvertoning teen die Rebels in Melbourne het mens gehoop die Bulls sal vandag op hul wenmomentum weg van die huis voortbou.

Die werklikheid het egter ’n heeltemal ander prentjie geskilder: Die Pretorianers gaan vir die res van die toer sonder hul kaptein en sterlosskakel, Handré Pollard wees, terwyl hulle ’n Suid-Afrikaanse span is; wat beteken dat hulle nie sómmer twee wedstryde agtereenvolgens wen nie.

Die Pollardlose Bulls het vanmiddag 22-10 teen die Brumbies in Canberra verloor en dit was veral die tuisspan se senterkombinasie van Tevita Kuridrani en Irae Simone wat die besoekers hoofbrekens gegee het.

Dié twee het gate deur die Bulls-verdediging gehardloop en Kuridrani is met ’n driekuns beloon.

Die rustydtelling was weliswaar net 12-10 in die Brumbies se guns – dit ná Hanro Liebenberg se drie die goeie werk deur die Bulls-voorspelers afgerond het.

Maar die tuisspan was in die tweede helfte net té sterk, terwyl Jaco Peyper gereeld die besoekers gestraf het.

Die Bulls het die wedstryd begin jaag en – om eerlik te wees – hulle was effens rigtingloos op die aanval. Die aangeewerk was soms wild, terwyl hulle gesukkel het om druk toe te pas.

Rosco Speckman het ’n keer of wat lus gelyk om te hardloop, maar óók sy benoude aangee is deur Peter Samu onderskep.

Dan is Duane Vermeulen in die tweede helfte beseer en die Bulls het leierloos gelyk.

Daar wag nou twee Nieu-Seelandse wedstryde op die Pretorianers. En dít sonder Pollard en ander hardebaarde.

  • Puntemakers:

Brumbies: Drieë: Tevita Kuridrani (3) en Irae Simone. Doelskop: Christian Lealiifano.

Bulls: Drie: Hanro Liebenberg. Doelskop: Manie Libbok. Strafskop: Libbok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
kolla

Foeitog, flou nulle.

Piesang

Same old, same old.
Ek wonder of ons nie ook spelers vd Wes Indiese eilande moet begin invoer nie… Alhoewel met ons verpoepte Rand sal dit ook nie kan werk nie. Ek weet nie. Netbal kyk? Ook nie so “hot” nie, maar ten minste kan manne die bene waardeer.

Frans C

Tog jammer dat die Bulle so gou hul selfvertroue verloor as dinge nie goed gaan nie.

H

Kan ons nie soos die ander spanne verloor en n bonus punt kry nie .

Eben P

Geen wonder daar is so n uittog by bulle nie Hulle wil nie afgerig word vir n wen en dan weer vir n verloor. Grootste fout wat bulle ooit gedoen het was om nie vir Jimmy Stonehouse te kry vir afrigter Nou ja nou wen die Pumas te lekker