Bulls kou klipharde bene teen Crusaders

Schalk Brits probeer vir Kieran Read te stuit. Die Bulls het 13-45 teen die Crusaders verloor. Foto: GB Jordaan.

Toe die bal Vrydagaand oor Handré Pollard se kop bons en in Richie Mo’Unga se gewillige hande beland, het die voller-as-normaalweg Loftus Versfeld ’n gesamentlike kreun gegee.

Sewe-en-sestig minute en nog ses verdere Crusader-drieë later het selfs die stoerste Bulls-ondersteuner die wysheid van hul R20-kaartjiekoop-sessie bevraagteken. ’n Eindtelling van 45-13 in die besoekers se guns laat ’n man nogal ongemaklik oor dinge voel.

Want om eerlik te wees, ʼn mens kon sien die Crusaders het geoefen hierdie week, terwyl die Pretorianers so ’n bietjie tussendeur alles gebraai het.

Die Nieu-Seelanders was net pleinweg beter as die tuisspan. As jy in die Bulls se Superugby- gloriedae sou sê dat ’n besoekende rugbyspan sewe drieë op Loftus Versfeld sou druk, het hulle jou in ongeloof aangestaar, terwyl hulle vies die Bloubul-lied begin sing het.

Loftus Versfeld was darem voller as normaalweg. Foto: GB Jordaan.

Maar die Chiefs én die Crusaders het dit vanjaar in Pretoria vermag, met die Bulls wat onderskeidelik twee en een drie in dié wedstryde kon druk.

Met gisteraand se telling op 14-6 te danke aan twee Handre Pollard-strafskoppe (hoe dan anders?) het ʼn mens nog geglo die Bulls kan weer terugkom.

Die besoekers se losskakel, Richie Mo’unga, is as die speler van die wedstryd vir sy 20 punte aangewys, terwyl hul regtervleuel, Sevu Reece, ’n driekuns behaal het.

Tog was vroeër die week se kaartjiepryssny-en-braai ’n goeie inisiatief deur Duane Vermeulen en sy vennote om meer ondersteuners op Loftus Versfeld te kry. Dit was lekker om die stadion weer so vol te sien.

Maar die Crusaders was op die dag net té klinies. Net té goed.

En die Bulls was net nie teen hulle opgewasse nie.

Hulle speel volgende week hul eerste toerwedstryd teen die Rebels in Melbourne.

  • Puntemakers:

Bulls: Drie: Burger Odendaal. Doelskop: Handre Pollard. Strafskoppe: Pollard (2)

Crusaders: Drieë: Richie Mo’unga (2), Mitchell Dunshea, Sevu Reece (3), Scott Barrett. Doelskoppe: Mo’unga (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Riaan ·

Bulls rugby op hul bests, nou moet bulls nog gaan toer.
Vandag is seker weer niemand in Pta bulls ondersteuners nie, green vlae of truie word gedra nie.

Lekker lag ·

Sies Bulle skandes! Verdediging is ‘n attitude, en gisteraand het julle zero gehad. Goed gekompeteer in skrum en lynstane maar vrot verdediging en heeltemal te veel foute in die los en hantering gee die Crusaders bal om mee te hardloop en siedaar – bulle kry ‘n vet pakslae, amper soos volgende Rapport die bokke van ’74 teen Britse Leeus op Loftus.

Hp ·

Ek wonder net hoe kan jy nog nie teen die tyd van die seisoen n begin skakelpaar het nie. Elke tweede week n ander skrumskakel. Die bulle het nou die melkoei vir oorsee se spanne op Loftus geword.

Arie ·

Oefen die bulle om so te speel? Dalk moet hulle dit net los miskien vaar hulle dan beter, slegter kan hulle wragtig nie

Joe ·

Skop,skop, ek is ‘n Bloubul. Selfs Leon Schuster sal ‘n beter plan he??

AndrewL ·

Hulle moet dalk minder soos modepoppe laat aantrek en weer trots word op die ligblou.

Swartwolf ·

Stem saam. Bulle span van 2006-2010 skaam hul seker dood vir die spul narre. Self ‘n bulls ondersteuner maar gisteraand was swak.

Frans C ·

Toe die Lions 36-10 (5 drieë teen 1) in NZ teen die Crusaders verloor is die span feitlik deur almal afgekraak ,noudat die Bulle op hul tuisveld geklop word met 7 drieë teen 1, word daar skielik verskoning gesoek en het hul dalk te veel gebraai.

Niemand wil erken dat Suid Afrikaanse rugbyspanne eenvoudig nie goed genoeg is nie en dat selfs ingevoerde grootnaam spelers ook maar wegraak wanneer dinge nie goed gaan nie.

CallieL ·

Dis waar SA rugby is. Almal kan maar Bulls slegmaak. Die ander SA spanne is net so swak. Die glorie dae van meriete spelers en vol paviljoene is verby. Ons garde wat weekliks honderde km gery het om ons spanne te ondersteun gaan nooit eers meer kyk nie. Het nie meer dstv met vol programme wat rugby kanaal bevat nie. Ergste is niks gaan verander nie. Spelers het gebid voor n game. Nou val hulle n speler aan wat n Christen is. Genadiglik sal dit nie meer jare vat nie dan is rugby totaal bankrot. Miskien sal waardes dan weer terugkom

Boer ·

Doen jouself ‘n guns en kyk ‘n paar wedstryde van die leeus. Gaan sommer Ellis Park toe en kyk hoe speel die beste span wat SA in die laaste 10 jaar gehad het, Springbokke ingesluit.

John Mitchell se skaduwee is baie lank

kolla ·

Darem maar ‘n skande vir SA rugby. Om te dink daai unie bestee miljoene jaarliks om spelers aan te koop en dan lyk dit so.

Babertondaisy ·

Daai unie het die jaar 40 op jou windjies gesit. Crusaders sal ten minste 100 aanteken. Daai unie het nog geld Weer Probeer is bankrot.

Ai.. ·

Sal nie praat van al jul onder prestreeders werfbokke in jul Stompie span nie..

Ongeduldige Job. ·

S.A. spanne is eenvoudig nie selfversekerd genoeg om teen die grotes te presteer nie. Die Bulle het hierdie wedstryd verloor nog voor die afskop.
Die probleem, na my beskeie mening, lê nie in die spelers se vaardighede of afrigting nie maar in die kop. ‘n Kopdokter gaan ook nie veel help nie aangesien die hele span ly aan ‘ Gaan ons vêr verloor of net-net ‘ sindroom.
Vergelyk die ‘Blou Bul Ysters’ van die sestigs en sewentigs, met dié van vandag. Daar is geen vergelyking moontlik nie aangesien ons nie amateurs met profesionele spelers kan vergelyk nie.
My spesmaas is dat geestelike trots en toewyding by vandag se spelers ontbreek. Hulle is almal superfiks en talentvol maar die wil, selfvertroue en trots om te wen, ontbreek en dít is iets waaraan die spelers van weleer geen tekort gehad het nie.
Dié geld nie net die Bulle nie maar alle SA spanne.
Rugby in SA boer nie agteruit weens swak afrigting of tekort aan talent nie maar weens ‘n tekort aan geloof in jou eie vermoë. Ons verloor wedstryde nog voor ons op die veld draf. As al ons spelers maar net die selfgeloof van Francois Steyn gehad het, sal dit ‘n perd van ‘n ander kleur wees. Of só glo ek.

Chrisjan ·

Job, ek stem nie saam dat hulle “superfiks” is nie. Sodra die spel gerek word en teen ‘n vinnige tempo gespeel word, is die groot fisieke manne nerens nie. En nou vang die lugdruk Loftus se eie manne ook nog!

Hennie ·

Kan ou spelers nie meer betroke raak by skole nie . Affies verloor al hulle groot wedstryde . Ek dink dit is agv ondrewysers wat afrig teenoor voormalige springbok spelers by ander groot skole wat afrig. Dit kan dalk ons Jong spelers help om meer te ontwikkel en meer gereed te wees na skool.

ccb ·

Hopelose gemors! Fire Pote , die hopelose afrigter. En sommer die hulpafrigter vir die verdediging ook. Goeie spelers, maar seker van die vrotste afrigters wat die Bulls nog gehad het. Kan nie glo dat daardie manne die afrigtes kan wees nie! Asb, fire ou Pote en sy lamlendige bende van afrigters. Julle maak van goeie spelers ‘n klomp patete. Ek skaam my.

Johan Pretorius ·

Uiters swak rugby van die Bulle. Dit is nie net swak afrigters nie maar ook baie swak span keuses en sekere spelers wat net nie wil rugby speel nie. Met die swak rugby wat op Loftus gespeel word sal ek verseker nie gou weer op Loftus wees nie. Rugby in Suid Afrika is op n snel vernietigende pad.

Judge Dredd ·

Bwahahahahahaahha – R20 was nogsteeds te duur.

Een van die dae gaan regters mense nie meer onder huis-arres plaas.
Hulle gaan mense forseer om op Loftus ‘n game te kyk.

kolla ·

Vergeet van gratis bier en goedkoop kaartjies. Maak die toegang gratis en deel gratis Grandpa poeiers uit.

Smirre ·

Hou die poeiers daar vir julle op Nuweland as die kraantjie klaar gepraat het.

Frans C ·

Met vandag se video-ontledings kan jy eenvounvoudig nie week in en week uit dieselfde
patroon speel nie.Die Crusaders het die Bulle se spelpatroon eenvoudig te goed ontleed
en toe dit nie werk nie word die bal net doelloos weggeskop.

Die Bulle en Sharks lyk net goed as hul spelpatroon die dag werk en dan lyk hul heel indrukwekkend,maar raak hul heeltemal van stryk af teen spanne wat speel volgens dit wat op die veld gebeur en punte soms teen die verloop van die spel aanteken.

Ruiklont ·

Wel gestel Frans, doellose wegskop van balbesit is en was ‘n groot doring in die vlees. Bulle bly my span, moet egter soos hul bewys het in die seisoen die bal gebruik

Hennie Kotze ·

Is ek die enigste persoon wat wonder hoekom Loftus sulke onnodige harde musiek speel?

Chris ·

Ek het dit ook opgelet Hennie. Musiek speel wanneer daar reggemaak word vir lynstane en so meer.

‘Sack’ sommer daardie DJ ook.

Cuda ·

Soms moet mens krediet gee en jou self net weer gaan regruk. Die Crusaders het die game getarget. Hulle was baie goed. Gister sou nie een SA span gewen het nie. Ek bly ‘n Bul en ek maak nie verskoning nie. My span is getrap. Ek hou duivas dat hulle ‘n goeie toer het.

Boer ·

Jy het seker op tv gekyk – ek was daar en die bulle was PATETIES. Heeltyd geloop na die lynstane. Hulle in gym fiks maar Rugby onfiks.

Die slegste SA span wat ooit uitgedraf het

Thys ·

Kleintoontjie omkrul lekker kry …..Saders jou lekker lekker ding!!!!!Nou vir daai stompies vannie Kaap…..Go boys!!!!!!!

Afrikaan ·

Thys, jy is seker ook ‘n groot Multichoice en Spur ondersteuner?! Nou nog net vir Hlaudi of daai sot van BLF stem?? Nee man, so draai mens nie teen jou eie mense nie.

Thys ·

Afrikaan…..jy sit die pot heeltemal mis…..klink eerder of jy n BLF en die wat jy nog noem, ondersteuner is …..jy ondersteun dan van hulle comrades in jou ou SA spannetjies(go figure ne)……shame!!!!!!nag ou groote.

Nee wat! ·

R20 te veel betaal.Die bul skare moet terugbetaal word vir die pyn en leiding wat hul moes deurmaak…!
Dit was regtig swak rugby van die koeie! Hulle lyk onfiks en nie lus vir speel nie maar tog vat hul hul betaling aan die die einde van die dag na so n klomp lae standaard rugby getjommel! Hul grootste probleem is hul kan nie bal vang ,vashou,uitgooi nie en die min keure wat hul dit wel het skop hul dit net weg siestog,! Ek kry skaam vir julle, die hele span was vrot, planloos,doelloos sonder vonk! Hul is so platvoetig dit is amper asof hul met flippers aan speel! Geen breinkrag nie!Beweging na beweging voorspelbaar jammer Pollard maar jy is so stadig en voorspelbaar soos n oop boek. N speler soos Curwin Bosch speel Pollard onder die tafel in! Al wat Pollard wil doen is pale toe skop en sy rekord behou vir meeste punte maker die seisoen al verloor sy span elke keer! Nog n ding is skepskop onwettig in die super 15?
Ja pote en sy afrigting moet sy pote gebruik en loop…Die afrigting is uiters pateties en dit wys! Daar is talent in die bul span maar dit word verkeerd benut met vrot afrigting en lui spelers! Ja koeie geen wonder die stadions is so leeg nie as jul wonder hoekom! Swak, pateties, vrot! Ek sal nie eens R5 betaal om na julle te kom kyk nie…dankie maar nee dankie…

Hendrik ·

Ek wonder nou oor Dok Craven se woorde..die geld wat die ouens kry ,haal dit nie die trots uit jou uit nie..ek weet almal word betaal maar dit was ñ Groot eer om jou provinsie se trui aan te trek..wat nog te sê van die Groen en Goud..ja dis nou hulle werk…so pas dit op ..waars die jare toe stadions propvol was..moes toue staan..hier is nog groot spelers , maar is die trots nog daar?

Nee wat! ·

Eer is lankal hartseerlik Europa toe om die groot geld te gaan maak..Kyk maar hoe hardloop hulle oor veral met Suid Afrika so finansieel wankelend! Hul gebruik die Spring/werfbok span nou as n stepping stone om naam te maak om oorsee te gaan speel…Dit is waar hul eer nou deesdae le…Dan moet jy nog kompeteer met spelers wat daar moet wees oor kwotas!! Watter eer is dit??. Meer wat n grap is dit nie!
Willemse is goed genoeg en nie n kwota en hy is maar jonk maar sal vinnig groei hy is opwindend vir heelagter en Bosch tans sekerlik die beste loskakel opsie beide goeie spelers saam met Akkers en Marx op hakker..Maak ok plek vir kwagga en Van staden in die Springwerfbok span as kan daai manne het spoed en handhaaf n hoë werkverrigting..Maar iets se my kwotas gaan weer voor meriete gekies word!!!

Stephanus ·

Pote leef in die verlede met sy afrigting. “High kick en charge” werk nie meer vandag nie!!!

kolla ·

Pollard op heelagter en Willemse op losskakel vir die Bokke. Pollard herinner my aan ‘n Johan Heunis tipe speler.

Henry ·

Pollard beskik vir seker nie oor Heunis se klas en nog minder oor lg se vaardighede nie.
Bosch sal ‘n veel beter keuse wees as die bokspringende Willemse.

kolla ·

Ek stem, nie in Heunis se klas nie maar hy sal beter vaar op heelagter as losskakel in my opinie. Ons het ‘n lewendige losskakel nodig wat die agterlyn aan die gang kan kry.

Smirre ·

En waar het Willemse homself bewys as ‘n toets speler op losskakel of heelagter ? Dalk rondgehuppel vir die windjies hier en daar en SA juniors verder niks…..

kolla ·

Gee hom ordentlike kans nie net 5 minute hier en 10 minute daar nie. Kies hom in die beginspan.

Frans C ·

Kry die gevoel SA spanne kan nie aanpas nie en speel volgens ‘n vaste patroon wat ingedril is.Balle word eenvoudig uitgegee na die volgende stilstaande speler wat dan ‘n slagoffer
van die opskietverdediging word.

Op papier behoort die Sharks die Chiefs te klop maar op die veld verloor hul teen spelers met meer ondernemingsgees en beter afronding.As ouer mense is ons dalk te krities omdat die dae van ‘n mannetjies Roux wat soms sy eie spanmaats deurmekaar
gehad het verby.

Ek hou van Curwin Bosch. Hoop regtig hy kry kans in die Springbokgroep.In die Sharksgroep is daar mi te min spelers wat hom ondersteun en doen hy nog te veel op sy eie.

Dink in ‘n groep soos die Leeus sal al sy talente ten volle benut word.Hy moet net meer speelkans kry om sy selfvertroue te behou.

Smirre ·

En waar het Willemse homself bewys as ‘n toets speler op losskakel of heelagter ? Dalk rondgehuppel vir die windjies hier en daar en SA juniors verder niks…..

Smirre ·

Willemse moet baie meer senior rugby speel en homself eers bewys en vestig in ‘n posisie. Selfde met ‘n ander paar kwota spelers wat glad nie reg is vir toetsrugby nie.

Ai.. ·

Kyk ek is n bul ondersteuner maar tans op vorm wie reken jy het genoeg flair op nr 15 en kan pale toe skop sou iets met nr 10 gebeur Smirre. Ek reken nes jy se Willemse het nog n pad om te loop om meer volwasse te word maar gegewe wie anders steek hulle hande op vir nr 15 en soos ek se wat pale toe skop ook..Soos kolla se miskien Pollard op 15 maar se spel het so gestagneer op loskakel maar kan teminste skop! Ek vra weer hoekom skepskop so min spelers deesdae ek verstaan nie!???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.