In vele opsigte het die Bulls aangenaam met hul verbeterde spel verras en hulle moet ʼn pluimpie kry dat hulle die Hurricanes, voorste puntemakers in die Superreeks, Saterdag op Loftus tot ʼn oorwinning van 34-20 beperk het.
Net so was daar te veel van die ou-ou probleme teenwoordig wat aan die besoekers minstens twee van hulle vyf drieë geskenk het, en die Bulls self van twee of drie weerhou het.
Hoe kan jy 16 duikslae uit 71 verbroude Hurricanes moes baie meer verdedig omdat die Bulls besit en gebied oorheers het, maar het net 20 keer uit 126 misgetas. Bygesê, die Bulls se stereotipe aanvalle was makliker om te keer as die Hurricanes se spelers wat goeie lyne hardloop, insny en van rigting verander mét en ván die bal af.
Op die aanval het Burger Odendaal die besoekers ʼn paar keer laat bontstaan en Jan Serfontein het met min kanse steeds redelik skerp gelyk, in ag genome sy beperkte blootstelling vanjaar.
Voorlangs was daar ook meer vuur en vaart na die afbreekpunte, en die voorspelers het meegedoen aan aanvalle waar die bal meer lug as in die verlede gegee is.
Nog iets wat pla is die aantal kere wat die Bulls omkeerbesit afgestaan het, en dit sluit in drie, vier keer wat die bal aan hulle kant van die losskrum gelê het maar hulle van die bal afgestoot is.
Die Hurricanes het vyf drieë teen twee gedruk en na rustyd is die besoekers tot ʼn enkele drie beperk terwyl die Bulls ook een bygevoeg het.
Puntemakers –
Bulls: (13) 20: Drieë: Duncan Matthews, Nick de Jager. Doelskoppe: Tian Schoeman, Tony Jantjies. Strafdoele: Schoeman 2.
Hurricanes (24) 10: Drieë: Jordie Barrett, Ngani Laumape, Wes Goosen, Mark Abbott, Leni Apisai. Doelskoppe: Otere Black 2, Barrett. Strafdoele: Black.
Met die onttrekking van hul skerpste wapen was die Hurricanes se aanval redelik stomp enkon die Bulle
byhou, alhowel sommige van die Hurricanes drieë op ‘n skinkbord gegee is deur swak verdediging .
Ek sien die Bulle maak soos die anc, hulle dank niemand af nie skuif net rond, kan braam nie die toilets gaan skoonmaak nie?
Ek is nie iemand wat altyd die skuld op die afrigter plaas nie, maar dan is dit ook so dat spelers baie keer net op die afrigter se opdragte speel. So wie se skuld dit is weet ek nie, maar die Bulle is totaal planloos en daar is geen inisiatief op die veld nie. Om teen hulle te verdedig is maklik want mens weet presies wat hulle gaan doen.
Ag nee wat bulle – give it up as a bad job!!! hahahaha