Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het die kortlys van drie kandidate vir die pos as hoofafrigter van die Bulls se Superrugby-span aangekondig.
In ʼn mediaverklaring sê die BBM hulle sal die hoofafrigter binne die volgende paar weke ná ʼn laaste ronde onderhoude aankondig.
Die drie afrigters op die kortlys is (in alfabetiese volgorde) die hoofafrigter van die Southern Kings, Deon Davids; die voorspelerafrigter van die Bulls in 2018, Pote Human, wat ook die hoofafrigter van die Blou Bulle se Curriebeker-span was; en die voormalige Springbok- en Bulls-kaptein Victor Matfield.
Die kortlys volg ná weke se samesprekings onder leiding van ʼn raadgewende paneel wat in ʼn adviseringshoedanigheid vir die BBM se raad opgetree het.
Die raad het die kortlys uiteindelik ná ʼn deeglike ondersoekproses opgestel en sal die finale sê oor die aanstelling hê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Of Matfield en n kans om op te staan, of Davids en verkoop Bulls span. Skande wees. Was die mees suksesvolle unie in die land
Davids n baie beter keuse as die res. By kan dit doen. Hy het dit reggekry om die kings iets te laat doen al is dit net om so nou en dan te wen. Victor was n goeie speler maar afrigting nope. As die bulle unie vir deon gaan ondersteun kan hy groot dinge vir hulle doen.
Davids sal goeie job doen. Pote en Matfield nie opsiebnie.
Jaag asb vir Davids 1ste weg…kyk waar is die kings, hulle is n skande vir SA rugby. Pote is old school en sy tyd is klaar verby..kom ons probeer iets nuuts, hoe sleg kan dit nog gaan
Matfield het nou mos al probeer. Selfs met bekwame leiding kon hy nie hond haar af maak nie. TWEE keer!