Bulls meet en pas met beserings, skorsing; Lions kies sterkste span

Lood de Jager is die enigste verandering voorlangs (Foto: GB Jordaan)

Die Lions se afrigtingspan het die sterkste moontlike wedstryd-23 vir Saterdag se kragmeting teen die Bulls op Ellispark gekies, maar Nollis Marais-hulle moes meet en pas om tussen die beserings en RG Snyman se skorsing deur te kies.

Marais het vir die Jukskei-derby vir Jesse Kriel terug heelagter toe geskuif in die plek van Warrick Gelant wat die seisoen nie dieselfde vorm as voor sy besering uitstal nie.

Kriel se skuif is ook in geen geringe mate beïnvloed deur die goeie vorm van Jan Serfontein elke keer as hy as plaasvervanger opgekom het nie.

Serfontein speel buitesenter langs Burger Odendaal.

Die Bulls het ook ʼn nuwe skakelpaar met Rudy Paige wat Piet van Zyl vervang nadat dié verlede week beseer is, en die ervare Francois Brummer wat op losskakel sal diens doen in die plek van Tian Schoeman.

Tony Jantjies is die losskakel op die bank en kan dalk teen sy broer Elton as direkte teenstander te staan kom.

Jade Stighling is behou in die beseerde Travis Ismaiel se plek en met die ander vleuel, Jamba Ulengo, wat ook nie oorweeg kon word nie, kry die blitsige Tukkie Sibahle Maxwane sy eerste proesel op die vlak.

Stighling, in slegs sy tweede wedstryd, en Odendaal op senter is dus die enigste van verlede week se agterlyn wat in dieselfde posisies speel.

Voorlangs vervang Lood de Jager vir RG Snyman wat vir vier weke geskors is nadat hy verlede week in ʼn losskrum ingestorm en met die skouer met ʼn teenstander se kop kontak gemaak het.

Spanne –

Lions
15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Ruan Ackermann, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Corné Fourie, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Cyle Brink, 21 Faf de Klerk, 22 Jacques Nel, 23 Anthony Volmink
Bulls
15 Jesse Kriel, 14 Jade Stighling, 13 Jan Serfontein, 12 Burger Odendaal, 11 Sibahle Maxwane, 10 Francois Brummer, 9 Rudy Paige, 8 Hanro Liebenberg (kapt.), 7 Jannes Kirsten, 6 Ruan Steenkamp, 5 Lood de Jager, 4 Jason Jenkins, 3 Trevor Nyakane, 2 Jaco Visagie, 1 Lizo Gqoboka. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Pierre Schoeman, 18 Coenraad van Vuuren, 19 Abongile Nonkontwana, 20 Nic de Jager, 21 Ivan van Zyl, 22 Tony Jantjies, 23 Warrick Gelant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Callie ·

Nollis, hoop jy tree eerbaar op na die wedstryd. Glo my. Ons gewese Bull supporters gaan net lag

Josua Keys ·

Dit is nie onmoontlik nie die Leeus kan ook ‘n af dag beleef. Ek sou net twee veranderinge graag wou toets by die Leeus en dit is Andries Coetzee op regter Vleuel en Dyllon Smit op heelagter, ek sê dit weer, dat Dyllon Smit oor baie meer “skills” beskik as wat Johan en Swys hom tans toegee hulle het seker hul redes, dalk nie die grootste speler op die veld nie maar hy het uitstekende vermoë en het ‘n rugby brein. Ek hoop net Johan en Swys lees my kommentaar en toets my teorie, wie weet dalk teen die Sunwolfs, niks verkeerd met Sylvian Mahuza nie maar sou net Dyllon ‘n regverdige kans wou gee.

Kiewiet ·

Al speel die Lions net met 10 spelers sal die Buls hulle nog steeds nie kan wen nie

Arie ·

Ek is ‘n Bul maar dit gaan ‘n walk over vir die Lions wees en ek hoop hulle speel vir nollis en braam totaal uit hulle stoele uit, ons sal julle nooit mis nie dis verseker!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.