Bulls oordonder Stormers op Loftus

Rosko Specman. Foto: GB Jordaan

“Specmagic” is ’n term wat lekker in die Laeveld en op die internasionale sewesverhoog rondgegooi is.

Rosko Specman het gereeld met sy blitsige toorkunsies vir die Pumas en vir die Blitsbokke beïndruk.

Maar die Bulls-ondersteuners het Saterdag hul nuwe liefling in aksie gesien, toe hy met sy praglopies die Stormers vroeg op die agtervoet geplaas het in hul Superrugby-wedstryd op Loftus Versfeld.

Die tuisspan het uiteindelik 40–3 gewen en in die proses vier drieë gedruk.

Specman was ’n doring op die aanval en het saam met ’n dodelik akkurate Handré Pollard die wind uit die Stormers se seile gehaal.

Waar Specman met sy spoed en vaart vanaf die merkie beïndruk het, was Pollard die bestendigheid vanself. Hy was in die kol met vier doelskoppe en vier strafskoppe.

Vir die Stormers het SP Marais met ’n strafskop geslaag.

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, het die veld weens ’n harde stamp teen die kop verlaat.

Puntemakers:

Bulls 40 (21)

Drieë: Rosko Specman (2), Johnny Kotze, Jesse Kriel. Doelskoppe: Handré Pollard (4). Strafskoppe: Handré Pollard (4)

Stormers 3 (3)

Strafskop: SP Marais

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Bul ·

What a game! Bulls se voorspelers was fantasies. Brits het vir Mbonanbi sy meisie gemaak, so ook Dwayne vir Kolisi wat net sowel nie kon gespeel het nie dit was te hard daar voor vir hom. Jessie het die Ellende nog ellendiger laat lyk en om nie te praat van Specman nie – die springbok in waiting – Leyds – soek nou nog parking. Bulle van ouds – voorste agt domineer losskakel beheer die wedstryd. Fantasties om te aanskou.

Swartwolf ·

40-3 krieket telling ! Maar gekneusde ego’s in die Stormertjies…..Mbonambi, De Allende, Willemse, Lleyds om nie te praat van Kolisi – het hy nou properly gebuckle under Dwayne en Jason. Naderhand jammer gevoel dat ‘n bok kaptein so klein en swak vertoon het gelukkig het die besering sy lyding op die veld kortgeknip. Uitstej3nd

Swartwolf ·

40-3 krieket telling ! Maar gekneusde ego’s in die Stormertjies…..Mbonambi, De Allende, Willemse, Lleyds om nie te praat van Kolisi – het hy nou properly gebuckle under Dwayne en Jason. Naderhand jammer gevoel dat ‘n bok kaptein so klein en swak vertoon het gelukkig het die besering sy lyding op die veld kortgeknip. Bulls ontembaar voor. Stormers betaal prys betaal vir kwotas. Specman te veel wield vir hele Prooovvinnnccceeeeee.

Lekker lag ·

Dis Kolisi kwota style. Selfde teen die All Blacks gedoen verlede jaar. “Kaptein span die seile” toe haal Duane en Lood die wind uit sy seiltjie…….

Derick ·

Stem. Kolisi is uit en uit n kwota speller. Daar is ander spelers wat verdien om daar te wees, Specman ens.
Maar dis mos die Stormers/Bok kaptein, so hy sal daar bly tot hy grys is.

Pierre ·

Ek is baie groot Stormer ondersteuner en sal altyd so bly. Op die dag was die bulle baie goed, maar miskien het die Stormers hulle goed laat lyk?? Ons het almal af dae. Baie duidelik dat bul ondersteuners almal af dae beleef na Saterdag, want tipies is die persoonlike aanvalle op sekere spelers. Kolisi is die Springbok kaptein op meriete. Period!!!

Lol ·

Die Stormers se bus was laat, maar dit lyk of hulle nooit eers opgedaag het nie?

LHS ·

Nou gaan Rassie net nog meer WP spelers vir sy span kies. WP het mos vir hom die bokfabriek geword, niemand weet waarom nie, maar hy sal weet.

Afrikaan ·

Terwyl ek baie in my noppies is dat die Bulle WP se gat geskop het, is ek baie bekommerd. Erasmus se Bok span het baie Stormers in (moenie vra nie), en hulle speel súlke rugby? En moenie my daai twak gee van vroeg in die seisoen, beseerde kaptein ens nie. Hulle was glad nie eers op die veld nie maar hulle gaan in Japan wees!

Frans C ·

So goed soos die Bulle was,so swak amper pateties was die Stormers en was hul gelukkig
om drie punte te kry.Dit lyk vir my die probleme in die WP/Stormers se binnekring het nou ook oorgespoel na die speelveld.Behalwe een of twee goeie skrums was daar niks om oor huistoe te skryf nie.

Nou moet die Bulle vasbyt en nie soos verlede jaar nadat hul die Hurricanes geklop het in hul eerste wedstryd platval nie.Hul eerste werklike toets is teen die Jaquares wat gister deur die Leeus teen alle voorspellings geklop is.

SjN ·

Wat het die Stormers en n samoosa in gemeen, beide het 3 punte.

Ig ·

Die Stormers was gelukkig om 3 punte te kry. Hier in die Kaap lyk dit of die wegraping gebeur het want jy sien geen Stormer ondersteuners buite nie. Gelukkig gaan hulle lang trane die damme laat oorloop

Pierre ·

Die Bulle was vir jare op daardie pad. As daar gese was neem julle plekke in het die bulle onmiddelik gehardloop en onder die pale gaan staan. So het ons maar bly glo dat daar weer eendag iets sal wees om ook oor opgewonde te raak. Dalk nog vroeg in die seisoen, maar dalk is dit ons jaar. Die WP, wel wat moet ek se, my hart bloei vir julle…

marco polo ·

En vroeer het Robbie Fleck gese hy bekommer hom nie oor sy toekoms nie. Dalk is dit waar die probleem begin.

Specci ·

As dit dan die enigste manier is hoe daar ontslae geraak kan word van die Stormers se hele afrigtingspan hoop ek hulle verloor omtrent al hulle Super rugby wedstryde
Ek wonder of die Stormers ooit weet hulle was gister op Loftus want DEFINITIEF het hulle nie opgedaag nie

Wesley ·

Fleck moet waai, kry Dobson in, dan sal dinge dalk beter lyk. Fleck is nie n coach nie, tot Allister was beter. Bekommer my dat Fleck die goeie spelers kan vermorsel voor hy hul oorgee aan Erasmus. Specman was class, kom ons sien of hy vir Dyantyi en die ander n goeie lopie vir die Boktrui kan gee. Kompitisie is goed onder mekaar, dinge lyk goed vir 3 uit die 4 SA spanne.

Justice ·

Ek sal eers opgewonde raak wanneer die Bulle hierdie pragspel teen buitelandse spanne kan volhou.

Anoniem ·

Geluk Bulle – Pote ek gee erkenning vir wat Jy uitgerig het in ‘n kort tydjie ! Welgedaan ?

nulle ·

Geluk met julle eerste oorwinning van die jaar na pakslae teen Stormers B en gelykop teen Sharks.

Afrikaan ·

Pakslae teen Stormers B? Nee man, los jou eenogigheid en gee minstens sinvolle kommentaar!

Lara ·

Dis n ou WP/Stormers sê ding, “dis ons B span, dis ons C span” as if, dis soos Protea ondersteuners wat altyd D/L blameer in die WC’s.

Cuda ·

Nulle. Tel die bokke in die Stormer span. Dis nie ‘n B span nie. As jy na die video gekyk het van Bulle teen Sharks, was die game nie gelyk nie. Wees ‘n goeie sportman en gee krediet waar dit toe kom. Bulle se jong spelers is besig om beter besluite te maak en met die meer ervare manne wat bygekom het is hulle balans beter as ooit. Bulle het ook beserings soos RG Snyman, Marnitz Boshoff, ens wat later terug gaan wees om back-up te wees indien beserings voorkom. Bulle was vir baie jare bo aan SAse grappies lys. 2019 kan ons dalk daai stokkie aangee. Sterkte aan al die SA spanne.

Lawmaker ·

Ai nulle help nie om naar te wees nie die Bulle
Het die wedstryd gewen wat getel het. 5 punte op superrugby punte bord Bulle kan maar oefen wedstryde verloor as hulle so gaan speel wanneer daar punte op die spel is . Miskien moet daai stormers bokspan in die spieel gaan kyk en besef jy wen nie ‘n wedstryd op papier nie. Rassie ASB maak jou oe oop Kolisi is nie n kaptein nie en nie oor ras nie maar leier eienskappe is nie daar nie. Geluk BULLE LIONS SHARKS julle het ons trots gemaak hou so aan!!! Specman=YSTER!!!hou vol en daai Bok trui wink!

Swartwolf ·

@nulle. Suur druiwe Choppa. Stormers “A” span net 3 punte van klomp “nulle” af maar 37 van die “bulle” af……. dit bring perspektief ne ?

Mellivora ·

Bulle:
Drieë 4 x 5 = 20
Doelskoppe 4 x 2 = 8
Strafskoppe 3 x 3 = 9

20 + 8 + 9 = 37, waar kom die ander 3 punte vandaan?

Het ongelukkig nie die wedstryd kon kyk nie so wonder maar net.

Nico Strydom ·

Dagsê Mellivora
Dankie vir jou valkoog. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

corne ·

As n blou bul ondersteurer is ek nogal trots op die vertoning.Wat my imers bekomer is paar jaar terug to Pote ook aan stuur van sake was het dit ook goed begin.Ek kan net hoop dit die goeie sysoen waarop ons al Jaaaaaaaaaaare wag.

LOL ·

@Corne – Pote het “sysoen” vir Liefling gehou vir volgende seisoen?

Leeu ·

Ek gee nie eens meer om oor die beker nie, net lekker om die stormers te verneder haha

Nadia ·

Bulle – u made us proud!!! Ek kry so lekker!!! Ek hoop net hulle hou dit so of nog beter!!!

SjN ·

Die Afrikaanse rugby kommentator wat beweer die een drie van die Bulle was definitief nie n drie nie, volgens my was dit n drie aangesien momentum daartoe bygedra het en hy nie dood gevat is nie.(tweede beweging) Sal vanaand hoor wat se hul op super rugby.

JJ ·

Stormers se top 3 verskonings : “Dis ons B span” . “Dis moeilik teen 16 spelers (die ref het teen hul geblaas) en “dis ons C span”. Stormers was grootbek na die OPWARMING wedstryd, toe het hul reeds die beker gewen, maar nou “dis 1 wen woopie” lol

nulle ·

Waar was die Stormers ondersteuners grootbek na die opwarmingswedstryd? Ek daag jou uit om daai berig hier op Maroela te soek. As ek reg onthou was daar GEEN kommentaar in daai verband nie in teenstelling met dit wat ons nou het na 1 nulle oorwinning. Foeitog ook maar niks gewoond nie.

LOL ·

Bulls ondersteuners moet vir Naas luister. ” Die beker word nie in Februarie gewen nie.”
Almal weet julle het lanklaas gewen, maar hanteer dit asof julle gewoond is daaraan.

Swartwolf ·

@LOL: En die Stormers het lanklaas so pakslae gehad. Maar dit was ‘n “long time coming”. Wys beter sportmanskap en erken die Bulle was stukke beter.

Swartwolf ·

@LOL: En die Stormers het lanklaas so pakslae gehad. Maar dit was ‘n “long time coming”. Wys beter sportmanskap en erken die Bulle was stukke beter. Die beker word nie in Februarie gewen nie, maar kan in Februarie verloor word. Vra die Stormers.

Frans C ·

Mense wat ander spanne en hul spelers verkleineer ly mi of aan ‘n grootheidwaan of minderwaardigheidkompleks.Dit bly vir my ‘n raaisel dat ‘n span wat die Curriebeker
die meeste 34 keer en 4 keer gedeel nooit darin kon slaag om Superrugby te wen nie.

Die Bulls met 23 oorwinnings en 4 gedeel kon die beker darem 3 keer wen,terwyl die Leeus met 11 Curriebekers slegs die Super 10 -beker kon verower en drie keer in die eindstryd verloor het.Van die oorblywende spanne het die Sharks die beste gevaar.
Hulle was 4 keer in die eindstryd en sou seker die beker gewen het as oud Leeu Habana,
nie die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk het nie.

Habana het as 21 jarige vir die Leeus gespeel in 2003 en 2004 en Springbok teen Engeland geword.Hy is in 2005 na die Bulle.

Judge Dredd ·

WP onstaan 1883
Curry beker dateer terug na 1889
Blou bulle ontstaan 1938

Dit verduidelik hoekom die WP so baie kompetisies gewen het – want daar was nie so baie kompetisie nie.
WP se laaste glorie jare was in die 1980’s.

nulle ·

Transvaal het Noord-Transvaal ingesluit in die vroeë jare. Dit maak eintlik die WP se oorwinnings daai tyd NOG meer merkwaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.