Bulls se Burger wil sy staal teen Reds wys

Die Bulls se Burger Odendaal met die bal. (Foto: GB Jordaan)

Die Bulls se gereelde kaptein, Burger Odendaal, is terug in sy posisie op binnesenter vir die Pretorianers se eerste toerwedstryd teen die Reds in Brisbane.

Odendaal het vroeër sy enkel teen die Blues seergemaak en Trevor Nyakane het die span in sy afwesigheid aangevoer.

Pote Human (afrigter) sal hoop dat die Bulls se seisoen uiteindelik ’n opwaartse kurwe begin toon nadat hulle verlede Saterdag die Highlanders met 38 – 13 op Loftus Versfeld getroef het. Voor dié wedstryd het die Pretorianers vier agtereenvolgende wedstryde verloor; hul swakste begin tot die Superrugby-toernooi sedert 2002.

Odendaal se terugkeer is die enigste verandering aan die beginspan, met Johnny Kotze wat na buitesenter skuif. Die span se Tongaanse senter Nafi Tuitavake toer nie saam met die Bulls nie.

Die Reds gaan egter nie sommer kanonvoer wees nie en die Bulls kan inderdaad van die vloer af in Brisbane eet as hulle nie versigtig is nie.

Die Australiërs het hul laaste ses tuiswedstryde teen die besoekende Pretorianers gewen.

Die wedstryd begin Saterdag om 10:15.

Bulls teen Reds: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (kaptein en binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Muller Uys (agtsteman), Josh Strauss (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortjé (slot), Ian Groenewald (slot), Trevor Nyakane (stut), Jaco Visagie (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ryno Pieterse, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Morné Steyn en Divan Rossouw.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DERICK ·

Burger en Pote is die swak skakels in die span. Hulle gaan nie een wedstryd op toer wen nie. Jammer maar die waarheid maak altyd seer

Scalla ·

Sterkte Bulle, bewys die anti bulls ondersteuners verkeerd asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.