Bulls se foute, Kings se wil om te wen beslis Loftusstryd

Jan Serfontein, wat weer kookwater was, verloor die bal na die duikslag van Louis Schreuder met Chris Cloete byderhand om te help. (Foto: GB Jordaan)

Die Southern Kings se kaptein en losskakel Lionel Cronjé het met die heel laaste aksie van die Superwedstryd op Loftus die wedstryd vir sy span met ʼn strafdoel gewen. Die telling op Loftus teen die Bulls was 31-30.

Die Kings het dit verdien omdat hulle ʼn verdedigingspatroon gehad het wat gewerk het teenoor die Bulls wat die soveelste keer vanjaar in die faset nie op standaard was nie en telkens gebondel en gate na die buitekant gelos het.

Die Kings het miskien, veral in die eerste helfte, die groter wil gehad in ʼn wedstryd waar die Bulls in elke opsig die beter span was behalwe met die omkeerbesit wat die Kings redelik oortuigend gewen het.

Travis Ismaiel klou vir al wat hy werd is met die Kings se verdedigers wat hom vasvat. (Foto GB Jordaan)

Bygesê, die tuisspan het die Kings met rukke ook stukkend gehardloop, maar hulle was ook met die meeste hanteerfoute loshande voor. En as jy wil hardlooprugby speel, is hantering mos noodsaaklik, of hoe?

Die wedstryd is ongelukkig ook beïnvloed deur die skeidsregter, Frederico Anselmi. Vergeet jy van sy algemene foute, wat die Bulls ondermeer die laaste wen-strafdoel gekos het, was sy grootste sonde moontlik sy herhaalde terugroep van albei spanne om te kom skrum waar voordeel duidelik op hulle gewag het.

Die Bulls se hardlooprugby, met die hele agterlyn kookwater op die aanval, is die swaarste hierdeur geraak.

Maar die Bulls durf nie kla nie. As jy soveel kanse laat verlore gaan, sal jy op hierdie vlak boet en durf jy nie vinger wys nie.

Duncan Matthews, wat ‘n pragtige drie met voetwerk en vaart gedruk het, word deur die Kings vasgevat. (Foto GB Jordaan)

Giant Mtyanda was voorlangs vir die Kings ʼn uitblinker in die vastelos, maar die lostrio van Chris Cloete, Andisa Ntisila en Paul Tyler was as eenheid eenvoudig ʼn doring in die Bulls se vlees en het die tuisspan veral voor rustyd min besit gegun.

Die hoogtepunt? Daar was baie in die lekker wedstryd waar albei spanne heelwat gehardloop het, maar miskien kry RG Snyman die toeknning vir die meer as 70 meter wat hy na ʼn onderskepping vir die vleuel Makazole Mapimpi gejaag en uiteindelik teen die enkel geklap het om ʼn drie te verhoed.

Puntemakers –

Bulls (10) 30: Drieë: Jason Jenkins, Duncan Mathews, Jaco Visagie. Doelskoppe: Tian Schoeman 3. Strafdoele: Schoeman 3.
Kings  (22) 31: Drieë: Makazole Mapimpi, Lionel Cronjé, Malcolm Jaer. Doelskoppe: Lionel Cronjé 2 Strafdoele: Cronje 3. Skepdoel: Cronjé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan ·

Nou wie gaan komende jaar in die Europese reeks speel, die Bulle?

Stephen Namibia ·

Daar is net een speler wat die Kings motiveer om alles te gee en dis die kaptein Lionel Cronje.
Hard soos n klip, en die hart van n Leeu.

Veritas ·

Ek was my lewe lank (sedert 1965) éérs ‘n Blou Bul en dán ‘n Springbok ondersteuner. Die laaste klompie jare het dit egter ál moeiliker geraak om met beide hierdie spanne te vereenselwig. Oral waar ek gaan met my Bulle hoed of baadjie word ek uitgelag. Sal ek ‘n ander span ondersteun? Die antwoord is ‘NEE’. Een ding staan egter soos ‘n paal bo water. Ek is klaar met SA rugby.

Johann ·

Die Bulle is lankal nie meer blou nie. So is die Bokke, lankal nie meer groen nie.

anton ·

Baie waar Johann, daarom gee ek nie meer n duit om oor s.a rugby nie!!!

Johann ·

Anton, ons rugby is bykans al in die grond in geboor, kyk hoe het dit al meer met die tyd agteruit gegaan, inpas met die res van die land. Een van die dae is daar net 3 SA spanne in die Super reeks, die geld sal nog minder wees om daardie wat uitval te behou. Ek sal graag Saru se planne wou sien hoe hulle Bokrugby en SA rugby gaan red, nie ‘n jaar tot jaar en moggetroffe plan nie.

Ek het al juis in vorige kommentare gesê, waarom verander hulle nie nou maar die Bok, waarvan nou nog net die karkas oor is, se naam nie. Waarom probeer ons nie die nasionale vis nie? Noem hulle die Galjoene.

Frans C ·

Tegnologie is veronderstel om beter beslissings te bewerkstellig.Hierdie naweek het dit egter
van die bisarre na die belaglike gegaan.In die All Blacks wedstryd teen die BIL beslis die skeidsregter ‘n BIL-stut was onkant en ken ‘n strafskop toe,wat die All Blacks die reeks kon laat beklink het.

Die speler weet hy is onkant en gooi sy hande in die lug.Na beraadslaging met die TMO
beslis die skeidsregter dat hy onopsetlik onkant was ! en ken ‘n skrum aan die All Blacks toe.Nou is dit in rugby so dat as jy iemand onopsetlik in die lug speel is dit ‘n kaart.As jy onopsetlik aan die verkeerde kant van ‘n losskrum beland en nie kan wegrol nie word jy gestraf.

In die Bulle se wedstryd skop die Kings die bal oor die doodlyn sonder dat enig Bulspeler aan die bal raak.Met behulp van die TMO beslis die skeidsregter dat die naaste bulspeler
wel aan die bal geraak het en die bal oor die doellyn geneem het.Uit ‘n oortreding na die skrum ken die skeidsregter ‘n strafskop aan die Kings toe wat die wedstryd met ‘n punt wen.

Nou moet ek saamstem met Naas Botha, ek het ook eers in tegnologie geglo, maar na beslissings die naweek van die bisarre tot die belaglike glo ek ook nie meer in dit nie.

Nico ·

Hoekpm is daar so baie wat naargat is teen KINGS en dit nadat hulle almal van julle wat so is se bekje stil gespeel het?

Veritas ·

Nico dit is maar die erflating van die Watsons. Wees gerus, dit sal mettertyd verander.

vrikie ·

Daylight robbery in die ergste grad, die refs maak deesdae soos hulle wil.
Dis hoog tyd dat hulle ook uitgewys en gestraf word, snaaks dat die AB nie groter lawaai gemaak het van Poite se skelmstreek, sportsmansgees kan ook net tot op ‘n punt gevoer word

Daan ·

Om te verloor is iets wat jy moet kan verdra en dra as dit gebeur. Maar om terug te veg van n agterstand en jy word verkul deer n skeidsregter wat nie op standaard is nie, tegnologie waar die persoon wat dit beman ook om bevoeg is;dit breuk rugby net vêrder af. Hierdie soort van gebeure maak dat ek ook belangstelling verloor in rugby.

Frans C ·

KOm ons klaar ‘n sakie uit.Ek glo nie dat enigiemand wat kommentaar lewer,spesifiek teen enige span,dus ook die Kings gekant is. Dit gaan daaroor dat tegnologie met groot ophef
in sport en dus ook in rugby aangekondig is,want dit sou tot beter beslissings lei,so is geglo.

Tegnologie,glo ek kan tot beter beslissings lei,mits dit reg aangewend word en die vertolking van veral dit wat in stadig aksie gewys word, korrek is.Stadige aksie wys al elemente waaruit die aksie bestaan en dit lei baie kere tot die verkeerde beslissings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.