Bulls skakel Lions uit na goeie wen

Die Bulls se RG Snyman in aksie. (Foto: GB Jordaan)

Die Bulls het Saterdag met ʼn oortuigende wen oor die Lions op Loftus Versfeld die Johannesburgers se Superrugby-droom beëindig.

Die Bulls het met sewe drieë teenoor die Lions se twee die wedstryd met 48 – 27 gewen om na die uitspeelwedstryde deur te dring.

Die Lions het binne die eerste twee minute van die wedstryd met 7 – 0 voorgeloop nadat Hacjivah Dayimani binne 15 sekondes nadat die fluitjie geblaas het oor die doellyn geduik het.

Die Bulls het egter nie op hulle laat wag nie en na Hanro Liebenberg oor die doellyn geduik het, was die telling binne die eerste vyf minute gelykop.

Elton Jantjies het ʼn strafskop deur die pale gejaag gevolg deur ʼn skepskop deur Andries Coetzee. Marco van Staden, Lizo Gqobokoa en Burger Odendaal het binne minute uitmekaar oor die doellyn geduik om die Bulls in die 20ste minuut met 26 – 13 te laat voorloop.

Die Bulls se Burger Odendaal met die bal. (Foto: GB Jordaan)

Die Bulls het halftyd met 31 – 19 voorgeloop. RG Snyman is kort na die aanvang van die tweede helfte met ʼn geelkaart van die veld gestuur. Die Lions het van hul geleenthede gebruik gemaak en Cyle Brink het die Bulls se voorsprong heelwat kleiner gemaak en in die 55ste minuut was die telling 31 – 27.

Twee drieë minute uitmekaar vir Cornal Hendricks en Handré Pollard het die telling egter weer na 43 – 27 opgestoot.

Manie Libbok se drie in die 70ste minuut was die spyker in die doodskis.

Puntemakers:

Bulls 48: Drieë: Hanro Liebenberg, Marco van Staden, Lizo Gqoboka, Burger Odendaal, Cornal Hendricks, Handré Pollard, Manie Libbok. Doelskoppe: Handré Pollard (5). Strafskop: Pollard.

Lions 27: Drieë: Hacjivah Dayimani, Cyle Brink. Doelskop: Elton Jantjies. Strafskoppe: Jantjies (4). Skepskop: Andries Coetzee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

CallieL ·

Ek is n oud bul en rughy ondersteuner. Die punt is, wat maak dit saak wie het gewen. Volgende naweek verloor die wenner van vandag en is al die SA spanne uit. Enige iemand wat dalk wil stry? Voel welkom maar wag liewer tot volgende naweek

Ai ·

Wel Calliel teminste le die Bulle bo die Stompies op die Log ..Dit is amper meer genot as n wen teen n ander oorsee se span…Kyk ons spanne is useless maar genade jy moet onthou die Stompie span is n span wat darem maar mos sommer baie werfbokke in sy midde het en hul verloor tuis ok sommer teen die Sarks, waar is die Stompies opi log en kyk nou hoeveel van daai lot loop weer in die Werfspringendebok span in sekerlik weer meer as die helfde stompies spelers se gekrokte span wat doer ver onder laaste op die log le…Eishh

Swartwolf ·

Bulle het gewen. Wag tot volgende week tot hul of wen of verloor. Goed gedoen bulle nr 1 SA span stukke beter as daai sirkus op Nuweland. Stompies heel laaste in SA konferensie. Met soveel bokke….wat ‘n gesukkel.

Chrisjan ·

Hopelik is hierdie die einde van onse overrated Jantjies. As hulle hom darem wragtag saamneem WB toe…

Cuda ·

Bulle en Leeus verdien ‘n hande klap. In die game was rugby die wenner. Bulle, bewys asb die negatiewe ondersteuners verkeerd. Sharks en Bulle moet net uitgaan dit geniet en tot potensiaal speel. Van nou af is enige iets moontlik. Doen aan NZ en Aus wat hulle aan ons doen. Skakle hulle uit……!

CallieL ·

Wurmpie, ons praat volgende week. Hierdie is n voorspel vir die wereldbeker. SA nerens

Chrisjan Jansen ·

Stem volkome saam met albei van julle, CallieL en Chrisjan.

SjN ·

Mooi bulle, bewys asb die klomp negatiewe mense verkeerd, julle kan en het dit al voorheen gedoen.

Henry ·

Stem allie pad saam.
Ons Bulle steur ons nie aan die negatiewe siele wat op die kantlyn sit en teem nie.
Ons verduur die verloorslae en oorwinnings soos dit ookal kom. Maar….ons bly Bulle.
:-)

Swartwolf ·

Useless was 40-3 op Loftus. Useless is verloor op Nuweland teen lam Sharks. Useless is ‘n gefirede coach. Useless is ‘n bankrot unie. Useless is geen beker in 24 Jr. Useless is ondersteuners soos op die forum. Go figure.

Frans C ·

Party keer as ‘n boer na sy kallers kyk sien hy een wat wragtig nie die produk van sy stoetbul was nie.So was gister se wedstryd,want as ‘n mens een punt soek,verander jy
nie soos die Leeus die resep nie.

Met Jantjies op twaalf was dit agterlangs totaal ongeorganiseerd en kon die Bulle baljaar.Die Bulle is nietemin deur en het saam met die Hi-landers die moeilike taak om te kyk of hul NZ se nommer 2en 1 span onderskeidelik kan klop. Canes -Bulls.Crusaders -Hi-landers. Wie van die twee besoekers gaan die laaste lag.

Al wat ek nou hoop dat die Bulle nie soos teen die Chiefs uitmekaar val as die Canes
hul verdediging aan flarde skeur nie.

Ai ·

Wel Frans c teminste het die Bulle verder gevorder as die Stompies met al hul werfbokkies en grootmond afkrakende ondersteuners…Dit alleenlik is vir my n plesier juis oor die kollas altyd spanne so afkraak…

Swartwolf ·

As jy eers uit desperaatheid om iets terug te kan se met ‘n ander span se oorwinning moet spog in plaas van jou eie span dan moet jy weet hoe ellendig jou span is. Hou op stry en ondersteun eerder ‘n ander span.

kolla ·

Daai is my voorspelling vir julle die naweek. Bygesê, die nulle is gewoond daaraan om met 50 punte te verloor so sal nie verrassing wees nie.

Cuda ·

Die wêreld het soveel slegte nuus. Dan kom daar mense soos “kolla” wie se uitkyk op die lewe, is soos iemand wat net nie die lig wil/kan sien nie. Dis so jammer. Wat bereik mense om ander te beledig, af te kraak, sleg te sê, …..? Ek onthou die vroeë jare 2000 toe Bulle alles verloor het en al die afbrekende grappies moes vat. Daarna tot 2010 toe is die Bulle nie so top of the log op die grappies lys nie. Alle spanne gaan deur af en op seisoenne. Wees ‘n ware sportman, waar jou span ook al is.

Kerneels ·

Ou kolla se hartjie eintlik maar net baie seer na sy geliefde stompies uiters useless was en onseremonieël uit geskakel is. Kan ons die arme man kwalik neem…?

Swartwolf ·

Stem saam Kerneels daai stompie agterlyn wat staan en handeklap vir Am om deur te hardloop som die werketiek in die span op. So dis nie die verloor nie dis die manier van verloor teen ‘n uiters swak swak shark span.

Kollatjie....siestog siebambatjie ·

Bwahaha ha kollatjie jul maak nie eens die uitspeel rondes nie…50 nul of nie waars jul mamma se kindtjie? Nerens , oe ja jammer jul het toe wel n plek so te se laaste op die log ,dit is waar jul plek is!!!Siestog inderdaad…hehe.. vir iemand wie se span dit nie gehaal het nie het jy baie bek….Maar soos hul se meer bek as binnegoed…A hollow substance…

kolla ·

Daai uiters swak Shark-span wat gelykop gespeel het teen die Crusaders in NZ? Herinner ons bietjie hoe die nulle gevaar het teen die Crusaders op Loftus.

Smirre ·

Stem saam. Overrated speler op SR en internasionale vlak. Help ook nie as hy op ander posisies gekies word nie hy is nie ‘n “footballer” nie.

Michael P ·

Swartwolf het jy vergeet wat die Chiefs op loftus met die nulle gedoen het ek kan my net voorstel wat jy na daardie game gedoen het seker die stompies die skuld gegee.

Swartwolf ·

Dalk ly ons aan dieselfde kort termyn geheue verlies. Iewers onthou ek 40-3 ?? Stompies was nooit in die running om in die play offs te eindig nie.

Bekommerd ·

kola jy bewys maar net jou kennis oor rugby. Jy laat my dink aan n kind wat n present wil he maar nie kan kry nie. Ons weet geen SA span staan hudiglik n kans teen die NZ spanne daar nie, maar miskien net miskien verras ons spanne ons.

Veritas ·

Rugby is ‘n snaakse game. Die kans dat die Bulle kan deurgaan na die eindwedstryd, is nie so vergesog nie.

kolla ·

Nulle het geen kans nie. Sharks mag dalk die Brumbies klop.

kolla ·

Jy vergeet dat die Sharks gelykop gespeel het teen Crusaders in NZ.

Swartwolf ·

Kolla die bulle het ‘n kans. Hulle is in die game. Ek dink die span wat geen kans het is die stompies. Hulle het nie ‘n game nie !!! Ha ha ha.

kolla ·

Nulle het net soveel games as die lions gewen en net een meer as die guppies en stormers maar nou is hulle weer die kat se snorbaarde…tot hulle oor die naweek weer wreed ontnugter word.

Kerneels ·

My vraag aan al julle rugbykenners en kolla: Dink julle ons ‘n kans in WB…?

Cuda ·

Kerneels, as ons nie glo nie, moet ons maar opgee om rugby te kyk. So ek glo ons kan en al die spanne insluitende NZ, het gewys hulle is kwesbaar. Kolla. Al wat ek nou aan kan dink wat jou so bitter maak is die SR final in Soweto. Ek dink dit maak nog steeds seer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.