Bulls smyt sege op Loftus weg

Foto: GB Jordaan

’n Tikkie oorgerustheid, lepelsvol swak dissipline saam met teenstanders wat skielik hul mojo laat in die tweede helfte gevind het; en jy sit met die resep vir ’n selfs leër Loftus Versfeld die volgende keer wanneer die Bulls tuis speel.

Die Jaguares het ’n skok-sege bewerkstellig toe hulle die Bulls 22 – 20 in Pretoria getroef het. Met tien minute op die horlosie oor, het die tuisspan ’n voorsprong van 10 punte geniet.

Maar die Argentyne het vlamgevat met die verskyning van Domingo Miotti op die veld. Die 22-jarige losskakel het onmiddellik sy teenwoordigheid laat geld met ’n drie en hy het terstond ook die stelskopverpligtinge by Santiago Gonzales Iglesias oorgeneem om sy eie drie te verdoel.

Skielik het die Bulls se voorsprong na 20 – 17 gekrimp en die Jaguares het bloed geruik.

Uitstekende aangewerk en balvaardighede het tot Miotti se tweede drie kort daarna gelei, en al was sy doelskoppoging mis, het die Argentyne ’n ietwat onverwagse voorsprong geniet.

Met die dissipline wat gelol het – Tim Agaba en Conrad van Vuuren was met geelkaarte van die veld – het die Bulls gesukkel om in die skrums te kompeteer en hul poging om ’n strafskop in die Argentyne se gebied te bewerkstellig, is in die 81ste minuut ’n finale nekslag toegedien toe hulle die bal aangeslaan het.

Dit is die tweede keer vanjaar dat die Jaguares die Pretorianers troef. En al is die Bulls die katjie van die baan teen Suid-Afrikaanse teenstanders, het hulle nog glad nie teen oorsese spanne beïndruk nie.

Die Bulls het vandag net een drie gedruk en het grotendeels op Manie Libbok – wie in Handré Pollard se plek gespeel – se skopskoen staatgemaak vir hul punte.

Om die Superrugby-kroon te dra, sal jou hoop op meer as net ’n skopskoen – al is dit Pollard s’n – gevestig moet word.

  • Puntemakers:

Jaguares: Drieë: Pablo Matoa, Domingo Miotti (2). Doelskoppe: Santiago Gonzales Iglesias, Miotti. Strafskop: Iglesias.

Bulls: Drie: Jade Stighling. Strafskoppe: Manie Libbok (5).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bul ·

Ellendig verby. Gaan selfde resultate of vrotter as Stormers lewer as hulle gaan toer.

Dawid ·

Hoop die wat geelkaarte kry word stewig beboet deur die Bulle. Pateties

Raymond ·

Die Van Vuuren tackle in die lug was blatante moedswilligheid en vermetelheid

Gertjie ·

Drie keer verloor teen spanne laer op punteleer en twee van die verlore op Loftus. Ai ai. Hulle moet nog toer.

Swartwolf ·

Ja en daai sukkelende bulls het 40 op die stormers gesit. Wat nog ellendiger lyk.

Frans C ·

Bulle grawe eie graf met ongedissiplineerde spel.Dit was ‘n fout om spelers soos
Kriel te laat rus al wou SARU dit so hê.

Domvraag ·

Manie Libbok was die swak skakel. Skop mis voor die pale en dis 3 punte. Twee strafskoppe nie uitgeskop en een lei tot drie vir die Jaguars en in totaal is dit 10punte. Hoort hy nog in die span?
Dan is daar Odendaal. Hy verdien n pluimpie want hy het sy hart uitgespeel.

Ai. ·

Die simptoom waar gemiddeld goed genoeg geword het vir Suid Afrikaners…Hoe dan verwag om te wen?

Thys ·

Ai….jy slaan die spyker op sy kop.!!!!

Crusaders ook binne kort in PTA!!!!!!! EINA!!!!!!!!

Hennie ·

Ek dink die wedstryde word gegooi hoe kan die Haaie in een week so goed word en die leeus so hopeloos . Die bulle haal twee van die beste spelers af en die slot skop die bal met n overlap. Of ons afrigters is net hopeloos .

Frans C ·

Spelers word volgens ‘n patroon afgerig omdat elke teenstander ontleed word en dan word die spelpatroon daarby aangepas want video ontleding is ‘n belangrike deel van dit.

Kom dit af lyk die span soos die Haaie soos kampioene, soos teen die Leeus,faal dit dan lyk hul soos pampoene. Die Chiefs hardloop die Bulle skoon deur mekaar en die Haaie vat Leeus voorlangs so vas dat die span se spelers begin mistas en soos beginners lyk.

Dit is nie net Super 15 spanne nie,maar ook Springbokspanne het al so vas geval,soos bv teen Japan.Selfs op laërskool hoor ‘n mens bv die haker skreeu ‘ons doen ‘n nege’ wat dan ‘n vooruit beplande beweging is.

Van individuele briljantheid sien ‘n mens min en word alles voorspelbaar.

Piet ·

ANC het goed daarin geslaag om nog n Afrikaner-vesting te vernietig. Die enkele toeskouers by wedstryde waar Suid-Afrikaanse spanne betrokke is, is verder ‘n bewys dat rugby weinig belangstelling lok.

Joe ·

As jy ‘n C span kies vir jou laaste tuisgame, met flanke op slot en in die laaste 10 minute waar jy voorloop, plaas vervangers opstuur wat nie eers behoorlike Curry beker kwaliteit is nie, kan jy so ‘n uitslag verwag. Swarigheid oorsee is ons voorland
Hoe verlang ek nou na Frans Ludeke ?

MANIE ·

Miskien moet hulle maar net ophou rygby speel in Pretoria. Ek dink die vernietigings werk van vorige afrigters en bestuur laat die bulle nogsteeds les opse. Pasop wat julle se van Manie Libbok. Die koerant her hom al klaar gekies vandag vir die springbokke

Swartwolf ·

Exactly maar hy sal darem ‘n uitstekende kwota speler maak as hy bo Pollard gekies word.

Swartwolf ·

Exactly maar hy sal darem ‘n uitstekende kwota speler maak as hy bo Pollard gekies word.

Johan Pretorius ·

Uiters swak. Die proefneming op losskakel het glad nie gewerk nie. Ons rugby is maar net n weerspieeling van wat in die land aangaan. Dit is n Afrika land wat uiters swak bestuur word.

JJP ·

Die Bulle was uiters swak. Die Losskakel proefneming het verseker nie gewerk nie. Blou B ul rugby is maar net n weerspieeling wat in die land aangaan, uiters swak en maar net nog n Afrika land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.