Bulls speel dié naweek in groen

Bulls-spelers en SanPark-beamptes. Foto: ANA.

Die Vodacom Bulls gaan Saterdag in hul groen wegwedstrydmondering teen die Reds op Loftus Versfeld uitdraf om hulde aan SANParke se veldwagters te bring.

“Die Bulls het hande met SANParke en Wild Card gevat om die publiek bewus te maak van die ongelooflike werk wat die SANParke-veldwagters op ’n daaglikse basis in ons land se nasionale parke doen,” het SANParke se woordvoerder, Janine Raftopoulos, gesê.

Die Pretoriase span sal in hul groen truie speel – wat deur Puma ontwerp is – in ’n poging om die wagters se rol te beklemtoon in die beskerming van Suid-Afrika se natuurlike erfenis.

SANParke se uitvoerende hoof, Fundisile Mketeni, het gesê die ondersteuning van een van die land se gewildste sportspanne sal baie tot bewaringsbewusmaking bydra.

“Een van die grootste uitdagings in die 21ste eeu wat bewaring betref, is beslis wildmisdaad en sonder die hulp van al die rolspelers, sal ons dié aanval op ons natuurlike erfenis kan keer nie. Ons is dankbaar dat die Vodacom Bulls saam met ons staan.”

Verskeie veldwagters – wat deur die Bulls as superhelde beskryf word – sal Saterdag se kragmeting bywoon.

Bulls-kaptein, Handré Pollard, het gesê die inisiatief is belangrik vir die spelers. “Die inisiatief lê die spelers na aan die hart en hulle het nie geskroom om eer aan die wagters te betoon nie.”  .

“Vir Suid-Afrikaners is daar niks lekkerder as om tyd in een van ons nasionale parke deur te bring nie. Dié voorreg sou nie moontlik gewees het sonder die goeie werk van die veldwagters nie. Hulle (die veldwagters se) bywoning sal ons ekstra motivering gee om goed teen die Reds te presteer.”

Toeskouers word aangemoedig om hul groen Bulls-trui, of dan iets groen, aan te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries ·

Dis ‘n wonderlikke gebaar! As ‘n Lions ondersteuner wens ek die Bulls toe om Saterdag te wen! Mag hulle gebaar dartoe bydrae dat ons natuur erfenis vir opkomende geslagte bewaar word!

Peet ·

Ek is keelvol vir die gedurige verandering in truie. Van al die spanne!

Karin ·

Baie mooi gebaar. Sal ook groen dra om hulle te ondersteun Saterdag

Karin ·

Sal ook Saterdag groen dra om Bulle en veldwagters te ondersteun. Baie mooi gebaar van Bulle

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Ek sal Saterdag my groen gras ekstra kort sny.

.
.

Pieter du plessis ·

Die alewige politiek korrektheid kyk na enige foto’s van die bulls of dit van twee spelers of 10 is?,die media darem

stefalanaki ·

Sal hulle in volgende wedstryd dalk oorweeg om in wit te speel vir al die plaasmoorde? Want toe soortgelyke versoek aan SARU gerig is was dit n groot vet nee…
Mooi poging bulle, maar baie meer belangrike sake wat bewusmaking nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.