Bulls, Stormers kies sterker vir littelosmaker

Sowel die Bulls as die Stormers het sterker groepe gekies vir Saterdag se littelosmaker teen mekaar in Wellington.

Dit volg ná die Bulls se nederlaag verlede week van 14-31 teen die Sharks op Polokwane, en die Stormers se wegholoorwinning van 77-0 teen die Suidwestelike Distrikte op George.

Die nuwe Bulls-slot RG Snyman en die flank Roelof Smit, wat albei in 2016 vir ʼn Springbok-vyftiental teen die Barbarians gespeel het, is onder meer deur die afrigter John Mitchell in sy opdrafspan ingesluit.

Snyman het ʼn paar jaar in Japan gespeel, en Smit is terug ná ʼn besering.

Die Bok-slot Lood de Jager maak sy terugkeer op die bank; en die gewese Bok-kaptein wat in Polokwane in die opdrafspan gekies is, is op die bank gekies.

Die Springbok Marnitz Bosshoff en André Warner is die nuwe skakelpaar.

Bokke soos Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Wilco Louw en Dillyn Leyds, wat nie op Outeniekwapark in aksie was nie, kry Saterdag vir die Stormers in die Bolandstadion kans.

ʼn Uitnodigingspan van die Westelike Provinsie speel in ʼn voorwedstryd teen Boland Elite, en die klubs Robertson en Wesbank (Malmesbury) meet in ʼn ander kragte.

Die groepe –

Bulls

15. Divan Rossouw, 14. Andell Loubser, 13. Johnny Kotzé, 12. Burger Odendaal (kaptein), 11. Duncan Matthews, 10. Marnitz Boshoff, 9. André Warner, 8. Jano Venter, 7. Hanro Liebenberg, 6. Roelof Smit, 5. RG Snyman, 4. Ruben van Heerden, 3. Conraad van Vuuren, 2. Jaco Visagie, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Adriaan Strauss, 17. Lizo Gqoboka, 18. Frans van Wyk, 19. Lood de Jager, 20. Marco van Staden, 21. Thembelani Bholi, 22. Embrose Papier, 23. Manie Libbok, 24. JT Jackson, 25. Dries Swanepoel, 26. Jade Stighling, 27. Franco Naudé.

Stormers

Voorspelers (alfabeties): Jaco Coetzee, Jan de Klerk, Stephan de Wit, Johan du Toit, JC Janse van Rensberg, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Salmaan Moerat, Carlu Sadie, Ramone Samuels, JD Schickerling, Chris van Zyl, Kobus van Dyk, Cobus Wiese.
Agterspelers: Craig Barry, Damian de Allende, Dewaldt Duvenage, Dan Kriel, Eduan Keyter, Dillyn Leyds, Justin Phillips, Sergeal Petersen, Raymond Rhule, Josh Stander, EW Viljoen, George Whitehead, Damian Willemse.

Die program –

11:00 Hekke open
12:15 Robertson teen Wesbank
13:50 Boland Elite teen WP-uitnodigingspan
16:00 Bulls teen Stormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Baie onbekende name. Dink julle dit is regtig sy eerste span of toets hy nog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.