Bulls-Supergroep wemel van Bokke en groentjies

bulls-logoDaar is 13 groentjies sonder ervaring van Superrugby in die groep van 46 spelers wat die Bulls se afrigter Nollis Marais Woensdag vir die reeks aangekondig het.

Dit is egter nie net ʼn klomp nuwelinge wat vir die Bulls gekies is nie. Die groep sluit ook 12 Springbokke in, drie spelers wat in die Bokgroep was maar wat nie toetsrugby gespeel het nie en die Namibiese Wêreldbekerspeler en nou ook kaptein, Renaldo Bothma.

Een van die Springbok-toerspelers is die hoogaangeskrewe baljagter-flank Roelof Smit wat vir die laaste toets teen Italië gekies was maar moes onttrek weens ʼn besering wat in ʼn oefening opgedoen is.

Adriaan Strauss, tans nog op die krukkelys, het 148 Superwedstryde agter die rug, Trevor Nyakane 70 en die skrumskakel Piet van Zyl 68.  Strauss sal die eerste paar wedstryde na sy rugoperasie misloop, waartydens Handré Pollard die span sal aanvoer.

Marais wys daarop dat die groep ʼn aantal spelers insluit wat verlede jaar hulle eerste proesel rugby op Supervlak gekry het en dat hulle, saam met die ervare manne, nou weet waaroor dit gaan.

Die manne sonder Superervaring is die agterspelers Luther Obi, Jade Stighling, JT Jackson, Tony Jantjies, Duncan Matthews, Kefentse Mahlo, Sibahle Maxwane en André Warner, en voorlangs het Shaun Adendorff, Ruan Steenkamp, Conraad van Vuuren, John-Roy Jenkinson en Corniel Els nog nie Superrugby gespeel nie.

Die stut Martin Dreyer het Superrugby vir die Stormers gespeel maar is ʼn nuweling in die Bullstrui.

Bullsgroep –

Agterspelers
Ulrich Beyers, Warrick Gelant, Jesse Kriel*, Travis Ismaiel, Luther Obi, Jamba Ulengo*, Jade Stighling, Duncan Matthews, Kefentse Mahlo, Sibahle Maxwane, Johnny Kotze, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, JT Jackson, Jan Serfontein*, Francois Brummer, Tony Jantjies, Tian Schoeman, Handre Pollard* (kapt.), Ivan van Zyl, Piet van Zyl*, Rudy Paige*, Andre Warner.

Voorspelers
Hanro Liebenberg, Arno Botha*, Nick de Jager, Renaldo Bothma**, Jannes Kirsten, Jacques Potgieter*, Roelof Smit***, Shaun Adendorff, Ruan Steenkamp, Lood de Jager*, RG Snyman***, Jason Jenkins, Trevor Nyakane*, Conraad van Vuuren, John-Roy Jenkinson, Martin Dreyer, Jacobie Adriaanse, Pierre Schoeman, Lizo Gqoboko***, Adriaan Strauss*, Edgar Marutlulle, Corniel Els, Jaco Visagie.

*Springbokke
**Namibiese toetsspeler
***Springbok-toerspelers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico K ·

Dis ‘n goeie span daai. Ek dink hy kan goed doen. En ek is nie ‘n Bul ondersteuner nie.

willie ·

Met soveel (12) sprinbokke in die Bulle se span, gaan hulle sukkel hierdie jaar.

J ·

As die Bulls hul eerste 6 wedstryde met ten minste 3 oorwinnings kan oorkom , is hul in n baie goeie posisie om uitspeelrondtes te haal sou daar nie te veel beserings is nie.

Gerhard ·

Altyd goed om goeie spelers gereed te hê vir die seisoen….as dit goed gaan met Bulle Rugby dan gaan dit goed met Springbok Rugby

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.