Bulls trek Sharks se tande ʼn sesde keer

Warrick Gelant – drie drieë. (Foto: GB Jordaan)

Daar is sekere dinge wat nie jy in rugby kan koop nie, soos bestendigheid en ervaring.

Dit het die Bulls se hardebaarde Saterdag op Kingspark in Durban bewys toe hulle die Sharks met 40-10 in hul Superrugbywedstryd geklop het nadat die Bulls rustyd reeds met 21-10 voor was.

Dit was die sesde opeenvolgende keer sedert 2014 dat die Sharks nie die Bulls kon onderkry nie (een wedstryd was gelykop).

Boonop het hulle in 2013 twee keer teen die Bulls pak gekry,  en ʼn mens begin wonder of die sielkundige letsels nie blywend gaan wees ni

Daar is vooraf verwag dat die Sharks voorlangs die oorhand sou hê, maar toe reën dit … en die Sharks het nie geweet hoe om aan te pas nie.

Die Bulls hét, en dίt was die verskil.

Waar die Sharks onlangs hul strafskope pale toe geskop het soos teen die Blues en Hurricanes, het hulle hul wedstrydplan verander.

Vyf keer na mekaar het hulle probeer om eerder kantlyn toe te skop om drieë te probeer druk, maar hulle het hul teen ʼn muur van blou verdedigers vasgeloop.

Dit het die Bulls soos ʼn handskoen gepas, want die ervare Lood de Jager, Adriaan Strauss en Trevor Nyakane kon maak en breek byna soos hulle wou.

Hulle het die vonk aangesteek by die jonger Bulle soos Marco van Staden, RG Snyman en Pierre Schoeman. Hulle was baas in die lynstane, het die stryd om die losbal oorheers, en die Sharks kon nie oor die voordeellyn kom nie.

Agterlangs het Handré Pollard die toutjies getrek en hy het Robert du Preez heeltemal in die skadu gestel.

Wat hoef Pollard meer te bewys?

In die Bulls se laaste wedstryd het hy die Stormers se Damian Willemse soos ʼn skoolseun laat lyk en nou het Du Preez se leemtes ook soos ʼn onderrok uitgehang.

Waar Pollard dit reggekry het om die beste in die heelagter, Warrick Gelant, na vore te bring, moes die Sharks se Curwin Bosch, Sbu Nokisi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen en Lwazi Mvovu met die aalmoese tevrede wees.

Daar was ʼn hele paar lesse wat die Sharks ter harte moet neem, soos om bestendig te wees, meer speldissipline te toon en ook om Plan B te hê.

En die Bulls? Die afrigter, John Mitchell, het reeds die span ʼn gedaanteverwisseling laat ondergaan en is elke sent werd.

Puntemakers –

Bulls (21) 40: Drieë: Warrick Gelant (3), Adriaan Strauss, strafdrie (7 punte), Johnny Kotzé. Doelskoppe: Handré Pollard (3). Manie Libbok.

Sharks (10) : Drie: André Esterhuizen. Doelskop: Robert du Preez. Strafdoel: Robert du Preez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

fanus ·

“Verlede week het hy stormers se damian willemse soos n skoolseun laat lyk…”
Stormers het laas week teen die leeus gespeel… nie teen die bulls nie. Dis nie pollard wat willemse soos n skoolseun laat lyk het nie, maar wel Janties…

Wim van der Berg ·

Dankie vir die uitwys, Fanus. Dit was wel in die Bulls se laaste wedstryd, voorverlede week, dat hulle teen die Stormers gespeel het en dit is reeds so op die webtuiste reggemaak.

PLP ·

Wel dan hed Jantjies en Pollard vir Willemse soos n skoolseun laat lyk

SjN ·

Mooi Bulle, die Sharks weet nou nog nie wat het hul getref nie, doen so voort

Wesley ·

Pollard hoef niks te bewys nie, hy het meer as genoeg al gewys dat hy SA se tweede beste losskakel is…. na Jantjies

PLP ·

Kan dalk die twede beste wees maar Pollard is baie meer bestendig as enige ander loskakel is SA. Ons soek n speller wat elke week goed speel, nie een week goed en die ander week so so nie

Callie ·

Arme manne wat so teen Pollard is. Gaan kyk hoeveel keer het Jantjies al onder druk gevou. Dit is die rede hoekom die Leeus nog niks in Suprerugby kon wen nie. Asb, tog. Die eenogigheid raak afgesaag. Jantjies kan nie die sprong maak na bokrugby toe nie. Pollard inteendeel hoef niks meer te bewys nie.

PLP ·

Callie, more aan jou ook. Waarvan praat jy jong. Ek is n Bulls en Lion ondersteuner. Die Lions het besonder goed gevaar in die Super Reeks die afgelope aantal jare, meer as enige ander span in die tyd, en die Bulls was swak die afgelope aantal jare voor Mitchell oorgeneem het. Jantjies het ook reeds verskeie kere die sprong soos jy dit stel na Springbok rugby gemaak. Jantjies was ook die meeste kere net soos Pollard baie goed in die nommer 10 trui in die Springbokspan. Dit is baie goed dan daar so n groot kompetisie tussen Pollard en Jantjies is, bring die beste spel van albei na vore. Pollard is egter tans so n kortkop beter as Jantjies omdat die Bulls beter rugby speel as die Lions (huidiglik) Ok Callie nou kan jy maar weer gaan slaap ou maat

Die Leeu ·

Pollard…..Pollard hy speel net op sy o/20 sukses. As daar direk in sy kanaal gespeel word weet hy nie regtig wat om hom aangaan nie het ook nie n oog vir n gaping nie. Maar die wat dink hy is die oplossing dink maar weer. Ja elton sulkel dalk soms maar niemand gee hom n regverdige kans nie lewer net van die begin af negatiewe kommentaar. Hy is ons enigste losskakel wat saam NZ sin kan praat. En die ou storie van ja hy speel al soveel super seisoene die verskil is egter die Nz landers speel almal dieselfde tipe game plan en werk saam die nasionale afrigter hier by ons nie. Soos alles indie land werk ons teenmekaar en nie saam nie.

PLP ·

Die Leeu, weet nie eintlik wat jy wil se nie Jantjies speel dieselfde tipe rugby as NZ, nee rerig. Jantjies is n goeie losskakel en speel sy eie tipe rugby soos afgerig by die Leeus, so speel Pollard sy eie patroon by die Bulle. Pollard hoef hom nie te bewys nie, hy het reeds hoeveel keer in die verlede self by die springbokke homself oor en oor bewys. N gaping kan hy wel sien en vat beter as Jantjies wat meer takties speel. Jy sien die verskil tussen n gaping vat en takties speel is hoe groot n losskakel is en of hy die vermoe het om direk sy opponente aan te vat, Pollard kan wel takties speel en self met die bal hardloop en Jantjies skrum so n bietjie van fisisie kontak weg. En as daar direk in Pollard se kanaal gespeel word kan hy self n takkel vat en dit nie los vir sy flanke of binne senter nie

Lourens ·

Wat het die Ref dié keer alles verkeerd gedoen Sharks/Stormers ? Dis mos altyd die ref se skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.