Bulls verander sewe, insluitende kaptein Adriaan Strauss

Adriaan Strauss – beseer (Foto: GB Jordaan)

Die Bulls se kaptein Adriaan Strauss is weens ʼn voetbesering nie vir Saterdag se wedstryd op Loftus teen die Highlanders oorweeg nie.

Jaco Visagie speel in die plek van Strauss en Edgar Marutlulle neem sy plek op die bank. Strauss se vervanging is een van sewe veranderinge aan die Bulls se beginspan wat verlede week 62-24 deur die Crusaders verniel is.

Hanro Liebenberg, wat self weens ʼn besering nie verlede week kon speel nie, vervang die Namibiese kaptein Renaldo Bothma wat verlede week op kort kennisgewing in sy plek nadergetrek is. Liebenberg word Saterdag die Bulls se 19de kaptein in Superrugby.

Op die vleuel is Travis Ismaiel, een van die Bulls se beste spelers verlede week, is ook nie beskikbaar nie en die flank Jacques Potgieter moes ook voeg in die wedstryd vervang word. Hulle word onderskeidelik deur Jade Stighling en Jannes Kirsten,

Dit sal Stighling se eerste Superwedstryd wees.

Lizo Gqoboko vervang Pierre Schoeman op loskop, RG Snyman is in die plek van Lood de Jager in die opdrafspan, en Ruan Steenkamp, wat weer fiks is, speel in die plek van die flank Nick de Jager.

Coenraad van Vuuren is die bank-vaskop in die plek van Jacobie Adriaanse. Hy het saam in Nieu-Seeland getoer maar nog nie vir die Bulls gespeel nie.

Die span, met aantal Superwedstryde en punte aangeteken tussen hakies, is

Warrick Gelant (13, 5), Jade Stighling (0, 0), Jesse Kriel (39, 20), Burger Odendaal (27, 15), Jamba Ulengo (19, 35), Tian Schoeman (30, 105), Piet van Zyl (76,65), Hanro Liebenberg (c, 15, 15), Jannes Kirsten (22, 10), Ruan Steenkamp (5, 0), RG Snyman (21, 10), Jason Jenkins (22, 15), Trevor Nyakane (78, 15), Jaco Visagie (14, 0), Lizo Gqoboka (20, 5). Bank: Edgar Marutlulle (29, 20), Pierre Schoeman (18, 5), Coenraad van Vuuren (0, 0), Lood de Jager (47, 10), Nick de Jager (13, 5), Rudy Paige (42, 5), Tony Jantjies (0, 0), Jan Serfontein (54, 80).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Callie ·

Replace eers die afrigtingspan, die hele raad en dan kyk na kwotas. Dalk is afrigtingspan erger as enige iets anders.was daar al swakker in SA. Nollis, hoekom moet hulle jou vra om te loop. Hulle is net so ruggraatloos.

gawie ·

Nollis Marias is mos n rugby diktator. hy gaan goed aan.

loftus is ou te groot. die bulle sal nou op n klubveld moet speel. 500 toeskouers makismim waarvan 450 die highlandes kom kyk.

eers sou hy sy sterkste span kies. geen rotering meer nie.

tie word hulle vernietig op loftus.

Marcel ·

2 Spelers in die beginspan wat nog geen caps het nie, maar volgens Nolis is daar nie ‘n probleem met spelers nie. Hulle kry ‘n paar beserings en nou val hulle terug op spelers wat nog nie supperrugby gespeel het nie. Wanneer gaan hulle die spelers en afrigter begin betaal op grond van die hoeveelheid wedstryde wat gewen word? Dis tog die enigste oplossing want duidelik gee die spelers en afrigter nie nou om nie. Bou net “ondervinding” op om 2 jaar oorsee te kan speel en dan terug kom om af te tree en later die “comeback” te maak vir so ekstra bonus. En natuurlik help al die kwota regulasies ook nie SA rugby nie, want die probleem lê nie net by die bulle nie, die Crusaders wen sover al die SA spanne met baie groot tellings.

Koos1 ·

Die Bulls het net 2 veranderinge nodig. 2 nuwe slotte.
1 vir die Noordhek en 1 vir die Suid hek, en dan kan die sleutels maar weg gegooi word!

steyn ·

hoeveel kwotas is in die bulls span. is dit nou al manier wat ons vir Nollis kan beskerm. dan is ek liewer n kwota as so n patetiese veronderstelde afrigter. dis nou as mens nie die beste persoon aanstel nie.

Goeie afrigter is die probleem. aangesien die highlanders amper teen die cheetahs verloor het , behoort die bulle maklik te wen.

lood los vir Vrystaat. al wat hy nou kan wys is geld, maar bankvreet sal hy.

Stephanus ·

SA Rugby is in die moeras van politiek en kwotas en ons gaan nie maklik daaruit kom nie!!!!

Stephanus ·

Rugby oor die algemeen is in ‘n moeras van politiek en kwotas en ons moet maar aanvaar dat ons nie maklik daaruit gaan kom nie. By die Bulle het ons nog ‘n swak afrigtingsspan wat ons rugby nog verder in die moeras afdruk!!!

Estelle ·

Koos1 hoe lekker laat jy my nou lag!! Ja ek voel ook oor die Bulle soos die ou grappie van ñ broer in die tronk, is lief vir hulle maar wil nie oor hulle praat nie.

Robert ·

Paige…5 punte in 42 wedstryde. Dit vir ‘n skrumskakel…!

Arie ·

Ek sien as ek nollis noem wat hy is word my skrywe nie geplaas nie, ek spel nollis met `n D, hy bestuur en kwotas is besig om die bulle te vermoor, hy is te dom om te bedank en bestuur moet self verander word. Ek kyk eerder na die Cheetas hulle wil ten minste speel al het hulle nie die spelers wat ons het nie

CFS ·

Ek is glad nie ñ Adriaan Straus aanhanger nie maar wat ek nie verstaan nie is hoekom daar op TV nuus gesê word Straus is sy plek en kapteinskap kwyt omrede hy te sleg is en volgens Maroela is hy beseer.Wie is reg?

Wim van der Berg ·

CFS,
Volgens die Bulls se amptelike persverklaring Donderdag is Strauss beseer. Die verklaring lui: ‘Liebenberg takes over the captain’s armband from Adriaan Strauss, who has a foot injury. Strauss will undergo scans to determine the extent of his injury. ‘

Pietman ·

Aan al ons sogenaamde “rugbykenners” Die mees logiese ding om te doen as ‘n span swaarkry is om afrigters, spelers en kapteins te pos. Maar geen kommentaar ooit oor wat die span op die veld verkeerd doen nie? Kyk hoe goed het Allende en Pollard onder Meyer gespeel. Kyk hoe goed het Adriaan Strauss vir die Vrystaat onder Naka Drotske gespeel. En Jantjies en faf was goed onder Ackerman se Leeus maar verdwyn by die bokke. Ek glo nie ons onderseuners weet wat fout is nie.

Voorlaaier ·

Ai man!….Die huidige speel peil van die Bulle is i hout pen deur my hart!!
Vir die eerste keer in my lewe moet ek bloedruk pille gebruik!..My gestel is in sy peetjie in!..Sukkel met my gesondheid. Alles net Stres!..Moet elke Maandag die gespot van my mede werkers verduur!..En dit sluit nie eers al di spottende whatsapp en sms’e in nie!! Ek het al lus om my seisoen kaartjie weg te gee…( my vrou sal juig) Pal op maagseer medikasie. Waar ek voorheen uit gesien het na i naweek van goeie rugby, gaan werk ek eerder. My geliefde span het my grootste nagmerrie geword. Drank verlig ni meer di pyn ni.. Antideppresante wil nie werk nie!.. Is daar nog hoop?…
Ek weet ni.. …….i Gebroke bloubul ondersteuner.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.