Bulls verloor in Brisbane se tiene-halfeind

Warrick Gelant - puntemasjien, met drieë en doelskoppe (Foto zimbio.com)

Warrick Gelant – puntemasjien, met drieë en doelskoppe (Foto zimbio.com)

Die Bulls het Donderdag 28-7 met die Chiefs in ʼn opwarmwedstryd, nogal in  Brisbane in Australië, afgereken, maar dit was nie die einde van hierdie twee spanne se tweestryd nie.

Sondag het die Chiefs by die Brisbane Global Tens die bordjies in die halfeindstryd van die tienetoernooi verhang deur die Bulls 24-14 te klop.

Die toernooi is deur die Chiefs gewen, wat die onoorwonne Crusaders van die groeprondes 12-7 geklop het.

♦  Vir die Bulls, wat sonder Donderdag se eerstekeuse-spelers teen die Chiefs in die vyftienman-opwarmwedstryd gespeel het, was dit ʼn prestasie. Tiene is vir hulle ʼn vreemde spel, soos dit vir die meeste rugbyspelers in Suid-Afrika is.

Dit is veral so as in aanmerking geneem word dat al tien die Australasiese franchise’e, en ook Toulon en die Japanse kampioenspan Wild Knights, ook gespeel het.

Die Nieu-Seelande spanne het nie van hul jaareind-All Blacks gebruik kon maak nie.

♦  Die Bulls het twee van die drie wedstryde in hulle groep gewen, soos hulle teenstanders, die Hurricanes en die Highlanders, ook gedoen het. ʼn Beter punteverskil deur die Suid-Afrikaners het hulle toe na die kwarteind laat vorder.

In hulle laaste groepwedstryd moes hulle ʼn stewige sege behaal nadat hulle na die eerste dag nog in die laaste plek was. Hulle het die Highlanders in die tweede helfte met drie drieë deurmekaar gespeel en 26-17 gewen nadat Warrick Gelant, JT Jackson en Piet van Zyl in die tweede helfte gaan druk het na ʼn vroeëre drie deur Tiaan Schoeman. Gelant het drie keer verdoel.

Ook in die kwarteind teen die Force moes die Bulls ʼn agterstand, 0-12, uitwis met drieë wat van Warrick Gelant, Tiaan Schoeman en Francois Brummer gekom het. Gelant het een verdoel en die Bulls het 17-12 gewen.

♦  In die halfeind was die Bulls, soos in sy vorige twee wedstryde Sondag, rustyd agter. Die Chiefs het toe reeds met drie doele 21-0 voorgeloop, en hoewel André Warner na rustyd vir die Bulls gaan druk het, het ʼn tweede drie van die Chiefs se Solomon Alaimalo daarna die gaping te groot gemaak. ʼn Tweede drie van Warner was nie genoeg nie en die Chiefs het 26-14 gewen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Want hulle is nie meer blou nie. ‘n Era is verby. Koebaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.