Bulls wen, maar Duane het seer

Foto: GB Jordaan.

Kyk, dié sin is al holrug gery, maar onder Jake White weet die Bulls maar net hoe om wedstryde te wen. Veral op hul tuisveld.

Die Pretorianers het gisteraand nóg ’n wedstryd op Loftus Versfeld gewen toe hulle die Stormers met 31–27 geklop het. En oudergewoonte was hul veggees, vasberadenheid en ongekende vermoë om ’n haas uit die hoed te pluk deurslaggewend.

Die Kapenaars het baie laat in die wedstryd ’n voorsprong van 27–24 geniet en hul briljante verdediging (hulle het meer as 250 duikslae in die wedstryd uitgevoer) het die Bulls weg van hul doellyn gehou.

Maar met sekondes op die horlosie oor het Ruan Nortjé oor die doellyn gedraf en Morné Steyn het doodluiters die doelskop oor die dwarslat gejaag.

Van die Varsitybeker tot die Curriebeker het al staanplek in Pretoria gekry en ná gisteraand se Harry Houdini-vertoning lyk dit asof die Bulls ook na Treviso sal reis om Europa se beste aan te vat.

Foto: GB Jordaan.

Marcell Coetzee het in sy buiging vir Duane Vermeulen se span geskitter, terwyl Steyn oudergewoonte die toutjies op losskakel getrek het.

Tog moet die Stormers vir hul verdediging geloof word, terwyl Edwill van der Merwe een van die opwindendste spelers in Suid-Afrika is.

So van Vermeulen gepraat; die Springbok-hardebaard moes die veld in die eerste helfte met ’n enkelbesering verlaat en White het ná die wedstryd gesê “dit lyk nie goed nie”.

“Duane is ’n taai kalant en wanneer hy sê dat hy seer het, dan weet ons dit moet iets (ernstig) beteken,” het White gesê.

Die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies moes ook vroeg die veld verlaat en volgens John Dobson (Stormers-breier) het die ratse nommernege reeds voor die wedstryd sleg gevoel.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Johan Grobbelaar (2), Marcell Coetzee en Ruan Nortjé. Doelskoppe: Morné Steyn (4). Strafskop: Steyn.

Stormers: Drieë: Edwill van der Merwe (2), Damian Willemse en Tim Swiel. Doelskoppe: Swiel (2). Strafskop: Swiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MakersMark ·

Sê maar weer – die Blou Bul eet nie van die vloer af nie, maar van Loftus se groen gras af in die laaste minuut. Duane en Marcel Coetzee het die province se lostrio, insluitende Pieter Steph, stil gespeel. Tot Duane af is toe neem Eskom oor by hom. Bulle kon baie beter, te veel lynstane weggegee, en ‘n paar los balle verloor. Besluitneming deur die Bulle het my verbaas en 6 strafskoppe naby die pale is weggegee deur kantlyn toe te skop en net een drie daarvoor te kry. Wat help dit die druk op die opposisie word nie in punte omskep nie? Telling van 46-27 in die Bulle se guns sou ‘n meer akkurate refleksie van die Bulle se dominansie itv balbesit en gebieds voordeel gewees het.

N ·

Nee wat. Vir n unie wat vol geld gestop is ,is die Bulle glad nie oortuigend nie. Met n wereld klas afrigter en meestal ander provinsies se spelers is hulle maar ‘average’. Vorige wedstryd verloor hulle teen n sukkelende Leeus span. Gister wen hulle net net (met 2 sagte geel kaarte en 15 meestal onnodige strafskoppe) teen n unie wat bankrotskap in die gesig staar. SA rugby in die geheel is in die moeilikheid, al ons jong top spelers speel in die buiteland

Henkb ·

Daar is net trofee vir wen, nie vir “oortuigend” nie. Neem 6 Rennies en klim in die bed. Suurguit sal hopenlik na twee dae verwyn.

N ·

Bly om te sien daar is darm n paar blou bul ondersteuners wat wel kan lees. Wel gedaan. My kommentaar is gemik op SA rugby in die geheel. Maar waardeer jou eentonige, eenvoudige blou bul kommentaar. O ja, en eks n leeu ondersteuner.

MakersMark ·

Sekeres is super suur Rennie sal wegbrand in daai acid…..kyk die aanmerkings. Darem lekker as die Bulls hulle so op hul herrie gee.

MakersMark ·

Soos Bou Louw in die ’30’s gesê het vir ‘n skotse teenstander “looks at the scoreboard”. Nou ja gisteraand wys 31-27 vir die Bulle. Vir hul om terug te kom na hul agter was en te wen met durf en guts in die laaste minuut is oortuigend genoeg.

N ·

MakersMark. Ek gaan nie met jou n argument begin nie. Ek het al van jou vorige eentonige kommentaar gesien. Ek moet wel sê die bulle het n paar opwindende spelers. Ek hoop spelers soos Elrigh Louw, Stravino Jacobs, Grobbelaar en Steenkamp se talent word in SA behou.

MakersMark ·

Ek het geen rede om oor enige iets te stry nie die Bulle het gewen. So wat jy ookal sê het eintlik nie impak nie. Praat van eentonig dalk kan ons “irrelevant” byvoeg vir jou aanmerkings ?

Hendrik Marthinus ·

Makers
Ekt al vanmiddag probeer om op N se berig te reageer, maar Maroela weier om dit te plaas, en glo my dit was niks lelike kommentaar nie
So eerstens weet ek nie wat Maroela se storie is nie
Tweedens
N se kommentaar is beslis gerig op die Bulle, hy is beslis n WP man, maar ek sien hy nou kamstig n Lion
Hy se Dan die Bulle het geld, maar tog se hy hy praat van SA rugby
Hy klink vir my na iemand wat een oog rugby kyk
Plaas hy kyk na die eindtelling
Go Bulle Go

MakersMark ·

As hy ‘n stormer is het ek nuus vir hom dat sy spannetjie maar ellendig is en nog bankrot boonop alles. Leeus is nie ver agter. So watookal hy te sê het is irrelevant.

N ·

Jy is seker maar geregtig op jou opinie, nes ek. Hulle sê ook, ‘a lion never loses sleep over the opinion of sheep’. Lekker aand daaikant. Groete

Nuff ·

Die stormers(en hul ondersteuners)bly maar die miskruiers van SA rugby.

MakersMark ·

Stormers ondersteuners altyd grootmond maar vir ‘n unie met so uitstekende voedings stroom agv al die skole en universiteit doen eintlik maar vrot. Dan is hul nog bankrot ook agv inmenging, binnegevegte en swak bestuur. Miskruiers.

MakersMark ·

Miskien verloor die Leeu slaap as die Bul wen. Of so lyk dit. Maar op die stadium tel die irrelevante opinie nie want die Leeu het nou net op sy herrie ook teen die sharks gekry. Sorry pel dink ipv een handjie vol rennies is dit nou twee…..

Tubac ·

Die moderne stewels beskerm nie die enkels nie. Swik te maklik. Weet nie hoekom voorspelers darmee speel nie. Moet seker die borge tevrede stel. As dit ek was, sal ek met stewels speel wat my enkels ook beskerm.

SjN ·

Het die Bulle alweer gewen, shame, arme Wp, die Wyn is alweer suur in die mond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.