Bulls wys plek-plek hul gehalte teen die Chiefs

Burger Odendaal - een van die driedrukker (Foto planetrugby.co.uk)

Burger Odendaal – een van die driedrukker (Foto planetrugby.co.uk)

Die Bulls het Donderdag in Brisbane in ʼn opwarmwedstryd teen ʼn Chiefsspan sonder ses van sy All Blacks plek-plek gewys dat hulle vanjaar in die Superreeks tussen die voorstes kan eindig.

Die Bulls het 28-7 op ʼn baie warm, bedompige dag gewen en vier drieë teen een gedruk.

In opwarmwedstryde moet daar nie te veel in die uitslae gelees word nie, en dit was Donderdag ook die geval. Enige van die Suid-Afrikaanse Superspanne sonder ses van hulle beste spelers sal ook maar sukkel.

Die Chiefs het sonder vier All Black-agterspelers, Aaron Cruden, Anton Lienert-Brown, Damian McKenzie en Tawera Kerr-Barlow, die slot Brodie Retallick en die flank Sam Cane gespeel.

Daar was egter ook heelwat positiewe aspekte wat die Bulls se afrigter Nollis Marais sou verbly het.

Die span het stewig verdedig, die voorspelers het hulle deel gedoen en ondermeer met ʼn goeie maalbeweging ʼn strafdrie afgedwing, en albei die senters, Burger Odendaal en Dries Swanepoel, het drieë gedruk. Warrick Gelant, wat as een van die 12 bankspelers in die laaste kwart kans gekry het, het ook in die laaste oomblikke gaan druk met Handré Pollard (3) en Tian Schoeman wat die vier drieë verdoel het.

Die Bulls was rustyd 14-7 voor.

Die skrumskakel Brad Webber het die Chiefs se drie gedruk en die veteraan-losskakel Stephen Donald het verdoel.

♦  Saterdag en Sondag speel die Bulls, ook in Brisbane, in die tienetoernooi waaraan al tien die Australasiese spanne, die Japanse kampioenspan, die Panasonic Wild Knights, Samoa en Toulon ook deelneem.

Die Bulls is in dieselfde groep as die Brumbies en die Highlanders geloot en sal daarna, afhangende van uitslae, moontlik teen die Force, Hurricanes of Toulon te staan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bullsbo ·

Bring water, Bring sand , die Bulle is aan die Brand??!!
Doen dit vir Joost die jaar Bulle! Bring weer(reeds 3 keer hahaha) die super beker huis toe!!

Ja nee shame ·

Lyk my dis net jy wat so se Riaan, is anyway sover ek kon lees maar net weer die Sharks en sommige Lions wat reken hulle het alweer die trofee gewen in Februarie….

Nico K ·

Ek is geen Bul ondersteuner nie, maar ek dink die Bulle het ‘n goeie span vanjaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.