Bultemmers wysig drie vir Valkebotsing

Frank Herne - 50ste wedstryd. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Frank Herne – 50ste wedstryd. (Foto: Hennie Homann/Steval Pumas)

Die Pumas het drie wysigings aangebring aan die span wat die Blou Bulle geklop het vir hul eerste botsing Vrydag in Nelspruit in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Valke.

Tyler Fisher, wat Saterdag op Witbank as regtervleuel opgedraf het, skuif na buitesenter in die plek van Hoffmann Maritz wat uit die groep gelaat is. Ruwellyn Isbel word van die bank af tot regtervleuel bevorder.

In die agttal maak Frank Herne sy terugkeer op haker vir sy 50ste wedstryd in die Pumastrui, en Francois du Toit skuif na die bank.

Die bond het ook aangekondig dat die 28-jarige Hugo Kloppers, `n gewese kaptein van die Griekwas en die Maties, die Pumas in vanjaar se Curriebekerreeks sal lei.

Kloppers, wat aan die Worcester-gimnasium gematrikuleer het, 1,97 m lank is en 110 kg weeg, het vanjaar eers by die span in Nelspruit aangesluit.

Die hoofafrigter, MJ Mentz, sê die publiek kan Vrydag op die uitkyk wees vir `n nuwe spelstyl wat die Pumas voortaan sal kenmerk.

Die span –

15. Heinrich Steyl, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Tyler Fisher, 12. Hennie Skorbinski, 11. Marcello Sampson, 10. Justin van Staden, 9. Emile Temperman, 8. Carel Greeff, 7. Lambert Groenewald, 6. Marnus Schoeman, 5. Hugo Kloppers (kaptein), 4. Stephan Greeff, 3. Marné Coetzee, 2. Frank Herne, 1. Khwezi Mona. Bank: 16. Francois du Toit, 17. Simon Westraad, 18. Jannie Stander, 19. Reuben Johannes, 20. Reynier van Rooyen, 21. Bernado Botha, 22. Leighton van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.