Die bysteek in Kaapse Paasrugby was Maandag een te veel vir `n besoekende maanhaar uit die Oos-Kaap.
Busy Bee van Langa het Red Lion van Alice 46-17 in die Langastadion geklop, laat weet Richard Maqasho, die wedstrydsekretaris van eersgenoemde.
Dit was in die eindstryd van die Igugu Lombhoxo-Paastoernooi wat deur die klub Young Ideas aangebied is. Die toernooi het Vrydag reeds met die junior spanne begin.
Maqasho sê Sandile Mbotho, Busy Bee se nommer 6-flank en kaptein, was die klub se beste voorspeler op die toenooi.
Agterlangs was die grootste uitblinker die buitesenter, Emile van Ross.