Carltonkampioen laat Goue Bekerhouer bloed sweet

QBR se puntemakers teen Dragons: Morné Hugo, Michael Nienaber, Ian van Deventer, Johan Grobler, Piet Botha, Attie Joubert, Jan-Hendrik Bosman en Dirk Steyn. (Foto: Johanna de Vos)

Die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonbekerkampioen, Centurion, het Saterdag in die bond se topreeks die houer van die Goue Beker, Rustenburg Impala, bloed laat sweet.

Impala het uiteindelik die wedstryd in die Carlton-A-liga op sy tuisveld met 23-22 gewen, nadat hy rustyd met 15-10 voorgeloop het.

Impala se tweede span het met 25-7 gewen.

Charles Pelser, die klubbestuurder van Centurion, laat weet Albert Bakker, Wessel Redelinghuys en Curtley Brinkhuys het dié span se drieë gedruk.

Steven Moir, die reeks se voorste puntemaker, het twee doelskoppe en ʼn strafdoel behaal.

Sy groottotaal staan nou op 82, luidens Johanna de Vos se rekords.

Vier spelers het elk ses drieë gedruk: JP du Plessis, Curtley Brinkhuis, Jan-Hendrik Bosman (QBR) en Theuns Reynolds (Tukkies).

♦ In die jongste ander wedstryde in die reeks het die Naka Bulle die Tukkies met 22-18 getroef, en Quins-Bobbies-rugby (QBR) met 59-12 teen die Dragons van Pretoria-Noord gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.