Die Springbokke vaar glad nie sleg wanneer Manie Libbok in die opdrafspan is nie.
In die nege toetse waarin die Humansdorp-boorling die no. 10-trui gedra het, het Suid-Afrika nog net een wedstryd verloor en dit was in die groepfase van die Wêreldbekertoernooi teen Ierland.
Met Libbok wat die aanvanklike toutjies trek, het die Bokke onder meer met Nieu-Seeland, Australië en Frankryk afgereken.
Maar in verlede naweek se halfeindstryd-wedstryd teen Engeland op die Stade de France het Handré Pollard reeds ná 31 minute sy verskyning op die veld gemaak.
Dit was ʼn dapper besluit deur die Springbok-bestuur, maar dit was een wat uiteindelik goed gewerk het: Pollard was in die kol met ʼn wedstrydwen-strafskop, terwyl sy kantlynskoppe ook deurslaggewend was om die Engelsmanne in die tweede helfte te tem.
Nou speel Suid-Afrika in die eindstryd teen die All Blacks; op die spel is ʼn moontlike vierde Wêreldbeker-titel, terwyl Siya Kolisi ook vir die tweede keer op ʼn streep die Webb Ellis-trofee omhoog kan hou.
En in drukkokersituasies het jy ʼn koelkop speler nodig om die spel te bestuur, aldus Dan Carter.
Die briljante oud-All Blacks-losskakel meen dat Pollard se ervaring – hy was immers al deel van ʼn suksesvolle (in 2019) en onsuksesvolle (in 2015) Springbok-veldtog – van hom ʼn gevaarlike teenstander in uitkloprugbywedstryde maak.
“Hy gaan ʼn sleutelrol in die eindstryd speel; iemand wat vir die nodige ervaring sommer so vanuit die staanspoor sal sorg,” het Carter gesê.
Die voormalige All Blacks-ster, wat in 112 toetse vir sy land uitgedraf het, meen egter dat Libbok ʼn talentvolle speler is.
“Dit kan moeilik wees vir hom, maar hy is op sy beste in droë toestande, wanneer die spel meer oop en vloeiend is.”
- Springbok-uitslae met Manie Libbok in die opdrafspan:
Springbokke 43 – 12 Australië
Springbokke 22 – 21 Argentinië
Springbokke 24 – 13 Argentinië
Springbokke 52 – 16 Wallis
Springbokke 35 – 7 Nieu-Seeland
Springbokke 18 – 3 Skotland
Springbokke 8 – 13 Ierland
Springbokke 29 – 28 Frankryk
Springbokke 16 – 15 Engeland.

Groot reen in Parys Saterdag soe weet nie soe mooi nie. Libbok beter in droe weer, en Pollard beter in nat weer. Die voorspelers sal daai bal ook moet naby hou. As dit neer sous gaan daai hoe lugskoppe niks help nie. Wil nie Jacques of Rassie wees nie dankie. In Engels – it may be a forward battle!
Voorspelers sal moet bal in hand moet hou die hele wedstryd want as dit agterlyn se kant toe beweeg word dit doelloos weggeskop, reen of te nie, mag die beste span wen. Sterkte Bokke.
Die groot vraag is, wie wil jy die laatse 35 – 40 minute op die veld hê? Sal Polly die volle 80 minute kan speel? Want indien nie is dit beter om hom op te bring as die druk regtig hoog gaan wees.
As dit reen sal ek met Faf en Pollard begin anders Manie en Reinach.
Ek se weer die proleem by SA le by die omgekeerde besit(nr 6) Lawes het dit weereens uitgewys die afgelope naweek se semi.
Savea gaan ‘n groot inpak maak solank Kolisi op die veld bly dit kan die All Blacks ‘n groot voorsprong gee.
Sal maar kyk hoop vir “n goeie wedstryd.
Wie gaan wen is ‘n ope vraag
Nie nommer 6 alleen nie, oor die algemeen. Jy’s reg, daar is nie fetchers in die beginspan nie en Vermeulen het ook heeltemal uit die bus geval wat dit aanbetref. Dit gaan beter as Fourie en Kwagga opkom in daai opsig. Marx was ‘n reuse bate. Beide ons beginflanke is nie fetchers nie terwyl die hele AB lostrio wel is. Soos ek se Vermeulen se no show help ook nie. Ek dink Fourie moet begin want hulle gaan nie aan die res verander nie. Wiese behoort ook gekies te word bo Vermeulen want ons baldraer voorspelers (behalwe Eben) kom nie oor die voordeellyn nie.
Kolisi moet sy gesig beskerm. Daar is heelwat glansgeleenthede wat wag.