Centurion ná 17 jaar weer in Carlton-eindstryd

WJ Strydom - 25 punte. (Foto: Johanna de Vos)

WJ Strydom – 25 punte. (Foto: Johanna de Vos)

Centurion is ná `n afwesigheid van 17 jaar weer in die eindstryd van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga A.

Hy het in 1999 vir Pretoria, wat intussen tot niet is, 16-15 in `n spannende eindstryd geklop, nadat hy die Tukkies 35-26 in die halfeindstryd uitgeskakel het.

Dié keer pak hy die studente in die eindstryd.

Johanna de Vos laat weet Centurion het Polisie Saterdag in die halfeindstryd 30-20 geklop (rustyd 12-3); en die Tukkies het die Naka Bulle 60-14 verslaan (rustyd 25-0).

WJ Strydom (heelagter) het 25 van die studente se punte met `n driekuns drieë en vyf doelskoppe behaal.

Die puntemakers –

Centurion 30 (12) – Drieë: Curtley Brinkhuis, Callie Barnard, Juan Pike, Gaybrin Smith. Doelskoppe: Smith (2). Strafdoele: Smith, Stanley Twiname.

Polisie 20 (3) – Drieë: Pieter Matthews, Michael Nienaber, Jerry Sefoko. Doelskop: Morné Hugo. Strafdoel: Dillon Laubscher.

Tukkies 60 (25) – Drieë: WJ Strydom (3), Riaan “Ghost” Britz (2), Willie Engelbrecht, Marius Oosthuizen, Jaco Snyman. Doelskoppe: Strydom (5), Jacques Rossouw (2). Strafdoele: Rossouw (2).

Naka Bulle 14 (0) – Drieë: Alec Mhlanga, Lawrence Cleminson. Doelskoppe: Anton Beswick (2).

Ander uitslae –

Tweede spanne

Fezelas (UP) 16, Polisie 15; Dragons  41, Naka Bulle 27.

Derde spanne

Dragons 27, Pumas (UP) 21; Polisie 20, Harlequins 17.

O.21-spanne

Dragons 25, Naka Bulle 19; Tuks-Jongspan 43, Polisie 22.

O.20-spanne

Naka Bulle 22, Dragons 10; Tukkies 20, Quins 19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.